Bekendes het ook die groot oomblik in die sosiale media gedeel.

Die voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen, wat eersdaags haar eie geselsprogram op VIA kry, het ’n kiekie van haar oudste twee dogters, Katerien (5) en Elise (4), se eerste dag van die nuwe skooljaar gedeel. "Reg vir Eekhorinkies en Graad R! So trots op my poppe! Dis vir my die heel lekkerste ding om jul mamma te wees!" skryf sy.

Die voormalige Proteas-kaptein Graeme Smith se oudste seun, Carter (5), begin vandag by ’n spogskool in Kaapstad. Carter is sy tweede kind by sy eksvrou, die Ierse popsangeres Morgan Deane.

View this post on Instagram

1st day new school Loads of excitement and smiles ??

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on


Graeme Smith se tweede oudste kind, Carter. Foto: Instagram.

Die sanger Gerhard Steyn se “prinses Zardi”, wat op 14 April drie jaar oud word, durf vandag haar eerste dag by haar nuwe kleuterskool aan. “Ons harte sit in ons keel. Ons pop se 1ste dag by die kleuterskool,” skryf Gerhard op Instagram.

Die sanger Arno Jordaan se oudste seuntjie, Milan (5), gaan vanjaar graad R toe. “Hy is darem baie opgewonde en reg vir bulletjie rugby by Tygieland,” skryf Arno op Instagram.

Die aktrise en radio-omroeper Elana Afrika-Bredenkamp en haar man, Ian, se oudste dogtertjie, Ester Beth (3), is ook vandag skool toe. “Haar entoesiasme kon nie ingeperk raak nie,” skerts Elana by ’n foto van die skattige kleinding wat ewe pryk met ’n pragtige handsak en eenhoring-kopband.

Die sanger Emo Adams en sy vrou, Michelle, se eersteling, Kadar Zayn, het ook vroeër die week begin met kleuterskool. Die knapie lyk slaggereed vir skool in die foto wat sy Emo op Instagram gedeel het.

Kadar Zayn. Foto: Instagram.

Die gewese Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, D’Niel, se eersteling, wie se naam hulle privaat wil hou, is ook vandag weer terug kleuterskool toe. Hul seuntjie het Sondag sy tweede verjaardag gevier.

Rolene en haar man, D'niel Srauss, se kind. Foto: Instagram.

Die sanger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté-Johanni Winckler, se drie orrelpypies is ook weer vandag skool toe. Hul jongste seun, Reuben (4), gaan graad RR toe en hul oudste seun, Lian (8), is vanjaar in gr.3. Dit is ook ’n baie groot dag vir hul middelkind, Simeon (6), wat vandag grootskool toe gaan.

View this post on Instagram

Simeon’s first day in Gr 1! So excited!

A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on

Die sanger Len Muller het al die kinders sterkte toe gewens wat vandag met skool begin deur ’n foto van sy eerste skooldag in Groot Brakrivier te deel. "Sterkte almal wat vandag begin! Dis een groot avontuur!" skryf hy by die kiekie. 

Dit lyk of dit nou tradisie vir die sanger Willem Botha geraak het om ook ’n bietjie aandag op die eerste dag van die skooljaar te steel. Hoewel hy laasjaar ’n volwasse foto van homself in skoolklere gedeel het, is daar hierdie jaar net ’n foto van hom in gr. 1 op sy Instagram-blad te sien. “Steeds dieselfde mens as toe. Met dieselfde sterre in my oë. En dieselfde drome so groot dit maak my bang!” skryf hy.

“Sterkte aan almal wat vandag terug gaan skool toe! Maak dit jou jaar!” skryf Willem.

Wen ’n deel van R28 000 met jou graadeentjie se grootskoolfoto!

Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe?

Skryf in vir ons Pep Graadeentjie-kompetisie vir ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen.

Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. Skryf nou in vir hierdie wonderlike kompetisie.