AMERICA FERRERA SE EERSTELING OP PAD

Die Ugly Betty-ster het ná haar aankondiging dat sy en haar man, Ryan Piers Williams (36), ’n baba verwag, saam met bekende vriende vir ’n foto poseer.

Op die foto vat haar medesterre van The Sisterhood (van links)Alexis Bledel (36), Amber ­Tamblyn (34) en Blake Lively (30) liefdevol aan die 33-jarige America se babamagie.

Gaan hulle miskien ’n opvolg maak – iets soos The Sisterhood of the Travelling Maternity Pants

KHLOÉ KARDASHIAN BEVESTIG SY VERWAG

Om die sesde maand van haar swangerskap te vier, het Khloé ’n kiekie van haar en haar verloofde, die Kanadese basketbalspeler Tristan Thompson (26), met haar 71 miljoen volgelinge op Instagram gedeel.

Die 33-jarige werklikheids­­televisiester het onlangs aan die kletsprogram- aanbieder Ellen DeGeneres gesê sy “gaan probeer om so lank moontlik nie kraamklere te dra nie”.

En as dit ’n seun is, sal hy sy pa se naam kry.

? Mom and Dad ?

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

ZARA SE TWEEDE

Prinses Anne (67) se dogter, Zara Tindall (36), en haar man, die rugbyspeler Mike Tindall (39), verwag weer nadat sy in Desember 2016 ’n miskraam gehad het.

Zara, ma van Mia Grace (3), sal na verwagting drie maande ná Kate, die hertogin van Cambridge, die lewe skenk. Dit lyk of daar vir koningin Elizabeth ’n ­bedrywige jaar voorlê.

Foto: Gallo Images/Getty Images

MODELLE WEER SAAM-SAAM SWANGER

Twee Suid-Afrikaans gebore super­modelle is vir die tweede keer op dieselfde tyd verwagtend.

Behati Prinsloo (28, regs) en haar popsterman, Adam Levine (38), het in September 2016 die ouers van Dusty Rose geword.

Candice Swanepoel (29) en haar verloofde, die Brasiliaanse model Hermann Nicoli (35), het ’n maand later hul seun, Anacã, verwelkom.

????Christmas came early..????#2

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Toeval? Ons dink nie so nie!

BRONNE: GLAMOUR.COM, PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, TOOFAB.COM, USMAGAZINE.COM, STUFF.CO.NZ