Dit lyk asof Meghan (36) ál hegter bande met die koninklike familie smee. Haar majesteit het haar in Junie vir ’n rit op die koninklike trein genooi.  

Nou raak die verbintenis selfs dieper met Meghan se verjaardag, berig die tydskrif People.

Die hertogin van Sussex, wat 37 word, deel haar groot dag met nog ’n spesiale vrou – die oorlede koninginmoeder. 

Elizabeth Angela Marguerite Bowes-Lyon – bekend as die koninginmoeder – was die vrou van koning George VI voor sy afsterwe in 1952, waarna sy dogter koningin Elizabeth II die troon bestyg het.

Die koninginmoeder is in Maart 2002 in die ouderdom van 101 oorlede. 

Alle oë sal op Meghan wees, wat groot skoene het om vol te staan.

Die koninginmoeder het glo tot ’n paar maande voor haar dood koninklike pligte verrig en geleenthede bygewoon, berig Elle

Geluk, Meghan!

Bronne: biography.com, People, Elle