Aanhangers was dus teleurgesteld toe die akteur Zac Efron met Vanessa Valladares uitgemaak het. 

Volgens bronne het hy haar afgesê nadat hy verneem het sy onderhandel om in ’n nuwe Netflix-werklikheidsreeks met die titel Byron Baes te verskyn. 

“Die spyker in die doodskis was bewerings dat hy haar glo help om daar te kom,” vertel ’n bron na aan die akteur. 

Zac (33) en Vanessa (25) het mekaar in ’n restaurant in Byron Bay, Australië, ontmoet waar die aspirantmodel gewerk het en ’n romanse het gou ontwikkel. 

View this post on Instagram

A post shared by Zac Efron (@zacefron)

“Hy is ’n goeie mens wat ’n opregte en nederige maat wou hê,” sê ’n vriend. 

"Zac het onlangs dinge met Vanessa geëindig. Dit het net nie meer vir hom reg gevoel nie," vertel 'n bron aan People

Ondanks hul mislukte romanse, verklap die bron dat Zac nie van plan is om binnekort weer in die VSA te woon nie.

Verlede jaar het Zac dit duidelik gemaak hy was desperaat om die vasgekeerde gevoel van roem agter te laat; daarom het hy na Australië verhuis. 

“Ek moet uit Hollywood wegkom,” het hy in sy Netflix-program, Down to Earth, aangekondig. “Die plek is nie bevorderlik vir ’n gelukkige, geestesgesonde lewe nie.” 

Foto: Gallo Images/ Getty Images
Foto: Gallo Images/ Getty Images

’n Bron na aan Zac sê ’n mens kan verstaan hoekom Vanessa se loopbaanskuif hom so ontstel het.

In September, nadat die Baywatch-ster afgeneem is tydens 'n middagete saam met Vanessa by 'n strandkafee in Australië, het 'n ander bron toe aan People verklap dat Vanessa Zac gedurende die somer ontmoet het terwyl hy in Australië gewerk het. 

"Zac het Ness vroeg in die somer ontmoet. Hulle het in Julie saam begin uithang en onlangs saam op 'n ski-reis gegaan," het 'n bron destyds aan People gesê. "Jy kan sien dat hulle pret het."

Die rede is glo agter 'n werksgeleentheid wat Vanessa nie van die hand kon wys nie. Foto: Instagram/i_s_ness
Die rede is glo agter 'n werksgeleentheid wat Vanessa nie van die hand kon wys nie. Foto: Instagram/i_s_ness

Die twee het ernstiger gelyk by Zac se 33ste verjaardag in Oktober waar hy sy spesiale dag saam met haar deurgebring het.

"Zac en Vanessa is baie gelukkig. Hulle het Zac se verjaardag voor die naweek saam met vriende gevier," het 'n bron destyds verklap. "Hulle verhouding is baie ernstig. Vanessa woon saam met Zac in Byron Bay."

Die ster was in Maart 2019 laas romanties gekoppel aan die Olimpiese swemmer Sarah Bro. Hy het ook destyds met sy High School Musical-medester Vanessa Hudgens uitgegaan en is ook verbind met sy Baywatch-medester Alexandra Daddario.

BRONNE: PAGESIX.COM, ELLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, IMDB.COM, PEOPLE.COM, MARIECLAIRE.COM, REUTERS.COM, NZHERALD.CO.NZ, TMZ.COM, THESUN.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.