Die Hollywood-ster Bruce Willis (65) en sy eksvrou, Demi Moore (57), bring tans kwarantyn saam deur saam met hul kinders.

Die twee is 20 jaar gelede geskei en het ná die einde van hul status as kragpaar hegte mede-ouers gebly. Demi het Maandag op Instagram 'n foto gedeel van hulle saam met hul drie dogters, Rumer (31), Scout (28) en Tallulah (26), twee van hul dogters se kêrels en Demi se jarelange assistent. Op die kiekie sit almal met hul neus in Laura Day se selfhelpboek How to Rule the World from Your Couch.

"Familie-boekklub . . . How to Rule the World from Your Couch - die kwarantyn uitgawe," skryf die G.I. Jane-ster by die foto.

View this post on Instagram

Family book club... ? How to Rule the World from Your Couch — quarantine edition.

A post shared by Demi Moore (@demimoore) on

Hul dogter Tallulah deel ook hul afsonderingsavonture in die sosiale media en gee 'n glimps van wat gehaltetyd saam met die gesin vir hulle beteken.

Tallulah het ’n prettige kiekie op Instagram gedeel waarop haar suster Scout, haar ouers en haar kêrel, die filmregisseur Dillon Buss, almal bypassende streepnagklere aanhet.

“Chaoties neutraal,” skryf sy langs die plasing.

View this post on Instagram

chaotic neutral

A post shared by tallulah (@buuski) on

In antwoord op ’n kommentaar op die plasing skryf Tallulah: “Ek het die keuse gemaak om saam in kwarantyn te gaan, en ons is al 27 dae saam terwyl ons elke voorsorgmaatreël tref”.

Lyk soos voorsorgmaatreëls en hope pret!

Demi en die Die Hard-ster Bruce was van 1987 tot 2000 getroud en het sedert hul egskeiding vriende gebly. Demi het onlangs op Instagram Bruce met sy 65ste verjaardag gelukgewens en 'n kiekie gedeel van hulle by hul kinders tydens hul grootwordjare. Daarby het sy geskryf: "Dankie vir die drie wonderlikste geskenke van my lewe." 

Bruce is deesdae getroud met die model en aktrise Emma Heming Willis (41). 

View this post on Instagram

I love him ??

A post shared by Emma Heming Willis (@emmahemingwillis) on

Die egpaar het twee dogters, Mabel (8) en Evelyn (5).

Bruce en Emma het in Maart hul 11de huweliksherdenking gevier.

Van wat berig word, is Emma tans tuis saam met die egpaar se twee kinders terwyl Bruce in self-isolasie is saam met Demi en hul dogters. "Lief vir jou en mis julle," het Emma geskryf by 'n foto van die bekende ekse in bypassende nagklere wat Demi op Instagram met haar 1,6 miljoen volgelinge gedeel het. 

View this post on Instagram

Family bonding ??

A post shared by Demi Moore (@demimoore) on

"Hy hoort nie daar nie," het een van Demi se volgelinge op Emma se kommentaar laat hoor.

"Emma, jy is nou Bruce se vrou, en hy moet by jou en jul twee dogters wees, nie saam met sy ou gesin nie," meen nog ’n gebruiker. "Ek verstaan nie die soort gedrag nie, en sy eks wat boonop sê "gesinstyd" klink nie asof sy respek teenoor jou en jou kinders toon nie."

Ander meen egter die twee ekse is net goeie vriende. "Ek neem aan sommige weet dit nie, maar 'n mens kan vriende bly ná 'n huwelik of jou huidige vrou kan vriende wees met jou eks, veral vir die kinders se onthalwe," het nog een laat hoor. "Dis hul lewe. As dit vir hulle werk, werk dit vir hulle. Julle is siek om die ergste van hierdie gesinsfoto te dink."

Bronne: Instagram, CNN, The Guardian