Haar bestuurderma, Kris Jenner (63), het in die sosiale media afwagting daarvoor geskep deur haar supermodeldogter te loof omdat sy “so kwesbaar maar dapper is”.

Die internet het gegons met teorieë oor wat die groot onthulling sou wees.

Sou sy die sluier oor haar persoonlike lewe lig? Of dalk oor haar geestesgesondheid praat?

En die groot nuus is toe . . . die velsorgmaatskappy Proactiv gebruik Kendall in ’n advertensie vir akneebehandeling!

Toe die beeldskone Kendall in 2018 by die Golden Globes-prysaand met puisies en al aan haar gesig op die rooitapyt verskyn, het sy aan die wêreld gewys sy het velprobleme nes ander mense.

Die model (23) het kort daarna getwiet: “Moet nooit toelaat dat daai k** jou stop nie!”

Sy het in gr. 8 of 9 aknee begin ontwikkel en dit het haar selfbeeld geknou, het sy al erken. Maar sy het duidelik piekfyn aan die ander kant uitgekom.

View this post on Instagram

selfies with fans ??

A post shared by Kendall (@kendalljenner) on

Nodeloos om te sê, was internetvrate glad nie beïndruk nie en hul reaksie bitsig . . .

Kris se twiet

Ander kap terug 

Twiet
Foto: Twitter
Twiet
Foto: Twitter
Twiet
Foto: Twitter