Die hertog en hertogin van Sussex, wat onlangs ouers van 'n seun, Archie, geraak het, wil glo in die voetspore van sy ontslape ma, prinses Diana, volg. 

Volgens die Britse media gaan die koninklike paartjie vanjaar tussen September en November verskeie Afrika-lande besoek. En Suid-Afrika is een van die lande op die lys van hul Afrika-toer.

Die twee gaan glo ook as deel van Harry se welwillendheidswerk kinders wat in Malawi deur MIV en Vigs geraak word, besoek.

Angola is ook op hul lys, en moontlik Botswana. Dis in Angola dat die ikoniese foto's destyds van Diana geneem is waar sy in ’n veiligheidspak deur ’n mynveld loop – slegs maande voor haar dood. En Harry en Meghan was in 2016 ook in Botswana, toe hulle 'n spesiale tydjie weg van die kollig daar deurgebring het aan die begin van hul verhouding.

Hoewel dit die eerste keer sal wees dat die twee saam na Suid-Afrika reis, was Harry al op ’n Afrika-toer en het hy selfs rugby in Suid-Afrika kom speel.

Sy laaste Afrika-toer was in 2015.

Hier is 'n terugblik na sy besoek op ons bodem

In 2015 het die prins wyle Nelson Mandela se vrou, Graça Machel, in Johannesburg ontmoet.

prins Harry en Graca Michell
Foto: Gallo Images/Getty Images

Hy was ook by die Siyabonga Sêkondere Skool in Soweto.

prins harry by skool
Foto: Gallo Images/Getty Images

Tydens sy besoek het die plaaslike sangeres Bianca le Grange die prins by The Bus Factory in Johannesburg vermaak.

bianca
Foto: Gallo Images/Getty Images

Harry het selfs vir oudpresident Jacob Zuma by sy presidensiële woning ontmoet.

prins harry en zuma
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die prins is later ook op Durban se strande gewaar.

prins harry in durban
Foto: Gallo Images/Getty Images

Hier het hy ook saam met die Sharks-rugbyklub in die Kings Park-stadion rugby gespeel, waar hy vir John Smit ontmoet het.

prins harry en desmond tutu
Foto: Gallo Images/Getty Images

By die V&A Waterfront in Kaapstad het hy die emeritus aartsbiskop Desmond Tutu ontmoet.

prins harry en desmond tutu
Foto: Gallo Images/Getty Images

Maar voor sy ontmoeting met die aartsbiskop het hy eers 'n bietjie polo gaan speel by die Val de Vie-landgoed in die Paarl.

Prins Harry speel polo
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: NEWS.AU, Mirror