Rolanda het onlangs op Instagram ’n foto van haar nuwe kapsel gedeel kort nadat sy onder haar haarkapper se skêr was. 

View this post on Instagram

Just call me page boy.Oh man ek is MAL oor my nuwe haarstyl. Dankie Wessel van @vatditkoptoe_hair #hairsalon #pageboyhair #oldschool

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

"Ek is MAL oor my nuwe haarstyl", het Rolanda by die foto's geskryf. Die aktrise is te sien in die nuwe fliek Poppie Nongena, wat op 31 Januarie in rolprentteaters begin wys. Dis gegrond op Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena

Rolanda se Instagram-volgelinge het heelwat te sê gehad oor die nuwe voorkoms. Een het ewe laat hoor Rolanda herinner haar aan die vroulike karakter in die fliek Kiepie & Kandas. Die aktrise Debbie Labuschagne het in 1981 die rol van Debbie Kritzinger, oftewel Kiepie, in hierdie fliek vertolk. 

Nog ’n gebruiker het laat hoor dat die haarstyl ook baie aan die Purdey-haarstyl waarmee die aktrise Joanna Lumley in die laat 1970's in die Britse televisiereeks The New Avengers gepronk het. 

Aktrise Joanna Lumley saam met die skepper van die
Aktrise Joanna Lumley saam met die skepper van die Purdey-haarstyl, John Frieda. Foto: Gallo Images/Getty Images

Rolanda sê die kommentaar waarvan sy die meeste gehou het was iemand wat gesê het die haarstyl "is baie Karen O".

Karen O is ’n Suid-Koreaans gebore Amerikaanse sanger en liedjieskrywer. 

View this post on Instagram

new 20’s ‘do ???? @dylanchavles ??

A post shared by Karen O (@ko) on

"Ek was nog altyd mal oor daardie haarstyl. Ek dink dalk reekse soos Stranger Things en die regisseur Wes Anderson se flieks het my beïnvloed. Dit wek ’n nostalgie en dis onkonvensioneel," vertel sy.

Haar dogtertjie, Charlotte (3), het haar eers ietwat snaaks aangekyk toe sy haar ma se nuwe kapsel die eerste keer sien, vertel Rolanda. "Ek het haar by die skool gaan haal en sy het my so ’n rukkie skeefkop aangekyk en toe gesê: 'Het mamma nuwe hare gekry?' Sy wou heeltyd net daaraan vat." 

View this post on Instagram

?? ????‍?????? #girlmom

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Sy verkies die haarstyl omdat dit eintlik heel moeiteloos is. "Ek is mal daaroor om my hare toe te laat om sy eie ding te doen. As dit goed gesny is, kan ek dit natuurlik laat droog word en dit lyk fantasties. Hoe minder ek hoef te faff, hoe beter," sê Rolanda. 

Haar haarkapper se raad om die styl in stand te hou is om goeie haarprodukte te gebruik, want dit beskerm die hare en hou dit gesond.

Die nuwe kapsel is ook deel van n langtermynplan, sê Rolanda. "Ek het my hare so gesny sodat ek dit mooi kan uitgroei. Ek gaan kyk hoe lank ek sal kan uithou voor ek weer lus is vir kort. Ek is mal oor elke stadium van hare wat uitgroei," vertel Rolanda.

"Ek sien dit as 'n uitdaging. Ek sal dit op 'n interessante manier stileer of net anders kam. Ek ontdek soms die wonderlikste style."

Rolanda is ook nie al bekende wat onlangs die hare laat waai het nie. 

Die aktrise Lea Vivier het ook haar lang hare vir korter krulle verruil.