“Vandag vier ons die mees ongelooflikste en inspirerende vrou wat ek ken. Sy is die liefde van my lewe en heel toevallig my vrou,” skryf hy. 

“Ons dank God dat hy jou geseën het vir 35 jaar en bid en sê dankie vir die volgende 65 jaar wat voorlê - tot ons die groot 100 haal. Gelukkige verjaardag, liefie. Ek het jou lief met my hele hart, siel en verstand. Liefde vir altyd, jou man.” 

Om Donnalee se spesiale dag te vier, kyk ons terug op ons 10 gunstelingoomblike van haar.

1. DONNALEE AS ANNELIE IN '7DE LAAN' 

Ons het die aktrise as die aspirantmodeontwerper Annelie in die SABC2-sepie 7de Laan leer ken.

Dis ook hier waar kykers vir Ivan en Donnalee vir die eerste keer saam op die TV-skerms gesien het. Hulle het die paartjie Pieter en Annelie vertolk.

2. DONNALEE AS AMOREY IN 'PAD NA JOU HART'

Die aktrise en Ivan is die eerste keer saam op die silwerdoek gesien. Hulle het in 2014 die hoofkarakters Amory en Basson in die Afrikaanse fliek Pad Na Jou Hart gespeel. 

3. DONNALEE AS NINA IN 'VIR ALTYD'

Sy en Ivan was in 2016 die skrywers, vervaardigers en hoofakteurs in die romantiese avontuurfliek Vir Altyd.

Sommige van die fliek se tonele, waarin Donnalee die rol van Nina vertolk en Ivan as Hugo te sien is, is op Mauritius verfilm. 

4. DONNALEE OP DIE VERHOOG IN 'BEURTKRAG'

Die akteurspaartjie het vir die eerste keer saam op die verhoog verskyn as Jasper en Fransie in die produksie Beurtkrag.

Die toneelstuk is in 2017 onder meer op Aardklop in Potchefstroom, die Woordfees op Stellenbosch en die KKNK op Oudshoorn opgevoer. 

5. DONNALEE RAAK VERLOOF

Ná jare van vriendskap het Donnalee en Ivan besluit om ’n romantiese verhouding aan te knoop. Hulle het in November 2016 begin uitgaan.

Ses maande later, in Mei 2017, het Ivan vir Donnalee tydens 'n vakansie in Nederland die jawoord gevra. 

6. DONNALEE OP REIS

Sy en Ivan reis gedurig die wêreld plat en hulle deel gereeld in die sosiale media foto’s van hul reise.

Die twee het al onder meer die kleurryke strate van Mexiko verken, die luilekker strandlewe op Zanzibar en Mauritius geniet en in België heerlike wafels geëet.  

8. DONNALEE AS DR. LANA IN 'STROOMOP'

Donnalee het die hoofrol van dr. Lana in die avontuurfliek Stroomop vertolk. Sy en Ivan het saam die draaiboek geskryf en die fliek vervaardig. Ivan was ook Stroomop se regisseur.

7. DONNALEE DIE MOOISTE MODEPOP

Donnalee het vroeër vanjaar haar eie klerereeks en aanlyn winkel, The Romantic Collective, bekendgestel.

Sy ontwerp van die items self en speel dikwels model in van die pragtige kledingstukke.

9. DONNALEE NOU ’N KAPENAAR

Die paartjie het in Maart vanjaar op Instagram bevestig hulle het Kaapstad toe getrek en noem die Moederstad nou hul tuiste. Hulle het voorheen in Gauteng gewoon.

10. DONNALEE OP HAAR TROUDAG

Die twee het op 17 Mei vanjaar eindelik afgehaak.

Hul groot dag was op die wynlandgoed Blaauwklippen naby Stellenbosch.

Ivan se dogtertjie Amelié (10), uit sy huwelik met die aktrise Ciske Kruger, was Donnalee se strooimeisie. Die vroue in Ivan se lewe het pragtig gelyk. Donnalee het gestraal in 'n Vesselina Pentcheva-skepping en Amelié was te fraai uitgevat in 'n Lena Lisa-ontwerp.

View this post on Instagram

D R E A M ...

A post shared by Donnalee Roberts (@donnalee_r) on

Baie geluk met jou verjaardag, Donnalee.