“Sy het in my lewe ingekom toe ek dit die minste verwag het en toe ek haar die meeste nodig gehad het,” het Dozi aan Huisgenoot gesê. 

Die tweetjies het twee maande gelede by die Pretoria Country Club ontmoet. 

Dozi en sy verloofde, Kim Viljoen. Foto: Verskaf

“Kim het die sagste hartjie in die wêreld en dit is al waarvoor ek gebid en gevra het. Haar oë sê alles, sy is ongelooflik liefdevol. My hart smelt as ek vir haar kyk.

“Kim is alles wat ek nie is nie, sy maak my volledig.”

Kim is ’n onderwyseres en eiendomsagent.  

“As so iets met jou gebeur en jy weet met alles in jou dat dit met 150% sekerheid die regte ding is, kan mens nie ’n beter gevoel beleef nie. My hart en siel is so vol vrede en ek is ongelooflik opgewonde vir wat die toekoms vir ons inhou,” vertel Kim.  

Kim se verloofring. Foto: Verskaf

Die paartjie sê hulle het nog nie ’n troudatum vasgemaak nie, maar “ons gaan ook nie te lank wag nie”.

Dozi was vroeër met Muriël Visser getroud.