“Die heel eerste persoon wat ek ontmoet het by Binnelanders toe ek by die gebou instap, was Hans Strydom,” vertel Reynardt aan Huisgenoot oor sy eerste dae op stel. 

Hans, Binnelanders se At Koster, het vir Reynardt geleer hoe om met sy geldsake te werk en dat sy toneelspel ’n werk is wat hy soos ’n sakeonderneming moet bestuur.

Hans bring ook vir Reynardt plantjies om in sy tuin te plant. “Hy bring vir my grenadella- en soetrissieboompies van sy plaas af,” sê Reynardt, wat ook sy lyf sanger hou in die mannegroep Adam. 

Oor die moeilike tye tydens dié 10 jaar praat hy openlik. “Ek het op ’n tyd verskriklik baie alkohol gedrink. Dit was omdat ek baie egoïsties geraak het.”

Reynardt vertel ’n mens se ego raak maklik baie groot sodra jy begin goed doen as ’n akteur en meer beroemd raak.

Tog is Reynardt nou nederiger oor sy tyd by die sepie. “Ek het baie mense leer ken, baie vriende gemaak, die kans gekry om saam met wonderlike akteurs te werk,” skryf hy by die foto wat hy op Instagram gedeel het.

“My pa het hierdie wonderlike sêding: ‘Hou jou voete plat op die grond en oë op die ouman daarbo.’ Dankie Binnelanders en almal wat saam met my die pad gestap het. Baie liefde.”

Dit is baie maklik dat akteurs van die werklikheid vergeet, is Reynardt se raad aan jong akteurs.

’n Mens moet onthou om ’n musikant of akteur te wees, is ’n uitdagende werk wat jy gekies het,” verduidelik hy. En dan onthou hy Hans se raad: “ ’n Mens moet dit soos ’n onderneming hanteer.