“Die venue het laat weet hulle maak toe en dat die troue uitgestel moet word. Ons het 95 gaste gehad maar met almal wat daar werk, televisiespan, fotograaf, ens., was ons meer as 100 mense,” sê Reynardt aan Huisgenoot.com. 

Hulle het nog nie op ’n nuwe datum besluit nie. 

“In dié stadium is ons hande afgekap, want ons gaan nie weer ’n datum binnekort kan vasmaak net om dit weer uit te stel nie. So ons het darem heelwat tyd om te besluit wat ons gaan doen,” sê hy. 

View this post on Instagram

Vandag 1 jaar verloof! Tyd vlieg! Troue is naby! Kom ons haak hom deur!! @anmareroothman

A post shared by REYNARDT HUGO (@reynardthugo) on

Hy vertel dit is maar ’n moeilike tyd vir hulle omdat hulle ontsettend uitgesien het na die troue. 

“Dit is baie sleg want ons was so naby en toe moet ons dit uitstel weens die virus. Ons het albei deur ons eie emosies gegaan en ons staan mekaar by. Amazing om te sien deur hierdie tyd wie is daar vir jou en wie nie.”

Reynardt sê alle diensverskaffers vir hulle troue het gelukkig ooreengestem dat hulle net hulle datum aanskuif en die paartjie verloor dus nie baie geld nie. 


Hy beklemtoon egter hoewel dit sleg is dat hulle hul troue moes uitstel, moet ’n mens nou aan jou medemens dink. 

“Ons moet hierdie ding ernstig opneem en besluite maak tot ons almal se voordeel.” 

Vir nou hang Anna, soos hy An-Maré noem, se rok in Port Elizabeth en sy pak klere in Randburg gestryk en gereed vir wanneer hulle hul groot dag kan vier.