Die 49-jarige Elizabeth, skrywer van die New York Times-topverkoper Eat, Pray, Love, wat ook later in ’n fliek omskep is met Julia Roberts in die hoofrol, het ná die groot verlies van haar lewensmaat, Rayya Elias, eindelik weer liefde gevind. En sy blom behoorlik.

Sy het dié foto onlangs op Instagram gedeel.

Daarby skryf sy die volgende: 

Liewe mense, dis ’n pragtige lentedag in my uithoek van die wêreld, rondom my stu die lewe voort met ’n gevoel van hergeboorte en vernuwing, en dit lyk of nou net so ’n goeie oomblik is as enige ander om vir julle te vertel dat ek verlief is.

Ontmoet my sweetheart, mnr Simon MacArthur. Hy is ’n fotograaf van die VK — ’n pragtige man wat reeds jare lank een van my vriende is. (Nog meer roerend, Simon was dekades lank ’n geliefde vriend van Rayya. Hulle het meer as 30 jaar gelede in Londen saam gewoon, en hulle was absoluut gek oor mekaar soos sibbes vir altyd en ewig. Dit, soos julle julself kan indink, beteken die wêreld vir my.)

En hier is ons nou, en sy hart was so ’n warm plek vir my om te land.

In die laaste tyd het ek en Simon die pad na mekaar se arms gevind. En hier is ons nou, en sy hart was so ’n warm plek vir my om te land. Ek deel die nuus in die openbaar, ten spyte daarvan dat ons liefdesverhaal so nuut en jonk en teer is, vir ’n paar redes.

Net om een ding te noem, ek wil net sê: As jy my sien rondloop met ’n lang, aantreklike man aan my arm, moenie pla nie. Weet net jul meisie is gelukkig en sy volg haar hart.

Maar ook dit: Ek sal altyd iets oor my persoonlike lewe deel, dit kan iemand anders help om meer normaal oor sy lewe te voel. So . . . as jy ’n geliefde aan die dood moes afstaan, en jy’t gedink jy sal nooit weer vir iemand lief kan word nie, maar jy voel ’n aantrekkingskrag tot ’n nuwe persoon, en jy’s onseker of dit oukei is?

Kom ek maak dit normaal vir jou. Laat my toe om te sê: Dis oukei. Jou hart is ’n reuse-katedraal. Maak dit oop. Moenie dat jou lieflike lojaliteit aan die oorledene jou keer om die wonder en bangwees van jou kort, sterflike menslike lewe te ervaar nie.

Dis oukei om te leef, en om lief te hê.

Dis oukei. Jy gaan altyd 16 voel wanneer jy verlief is.

Of . . . dalk vind jy liefde in jou middeljare en dis skrikwekkend, want jy voel net so dom en gek en opgewonde en onseker as wat jy op 16 gevoel het? Wel, kom ek normaliseer ook dit vir jou.

Dis oukei. Jy gaan altyd 16 voel wanneer jy verlief is.

Of . . . as jy vantevore lief was vir ’n man, en daarna lief was vir ’n vrou, en dan raak jy weer lief vir ’n man en jy wonder of dit oukei is?

Wel, liefling, laat ek ook dit vir jou normaliseer. Dis oukei.

Wees lief vir wie jy lief is. Dis alles oukei en dis onmoontlik om te beheer. Dis alles ’n avontuur wat ek nie wil misloop nie. Dis al wat ek wou sê. En ek is lief vir julle almal.

Reaksie op die plasing

Meer as 99 000 mense het op haar plasing reageer. Hieronder was die Britse kosskrywer en TV-aanbieder Nigella Lawson (59), wat haar blydskap oor Elizabeth se nuus gedeel het.

Elizabeth self het later gesê sy is vas oortuig dat daar geen beter universele leermeester in ’n mens se leeftyd kan wees as "die mag en die skoonheid van liefde en kwesbaarheid" nie.

Vorige liefdes

Elizabeth is in 2002 van Michael Cooper geskei. Hulle was agt jaar lank getroud. Dit sou hierdie stap wees wat die inspirasie agter die boek Eat, Pray, Love was.

In 2007 vind sy weer liefde met die Brasilianer José "Felipe" Nunes wat sy tydens een van haar reise in Indonesië ontmoet het. Op 1 Januarie 2016 het sy op Facebook aangekondig dat hulle gaan skei nadat sy besef het sy is biseksueel.

Sy en die skrywer, musikant en haarstilis Rayya Elias, iemand met wie sy 15 jaar lank vriende was, het in 2017 getrou, maar ’n jaar later het die 57-jarige Rayya aan lewer- en pankreaskanker gesterf.

Meer oor Simon

Simon Andrew MacArthur is ’n Britse fotograaf en filmvervaardiger. Hy woon in Brooklyn, New York. Hy is ’n geesdriftige skubaduiker en diereregteaktivis.

Bronne: lensculture.com, yourtango.com, oprahmag.com, people.com