Die Britse sanger het onlangs aangekondig hy gaan ’n blaaskans van 18 maande neem ná ’n rekordwêreldtoer van twee jaar wat ’n bruto wins van meer as R1,4 miljard opgelewer het uit die byna 10 miljoen kaartjies wat wêreldwyd verkoop is. 

Die sanger het by die laaste uitvoering van sy Divide-toer vir aanhangers gesê hy gaan uit die kollig tree om meer tyd saam met sy vrou, Cherry Seaborn (27), deur te bring.

ed sheeran,sanger
Ed Sheeran, wat einde 2018 met sy jeugliefde, Cherry, ge- troud is, het onlangs bekend­gemaak hy neem ’n blaaskans van die musiekbedryf. Gerugte doen die rondte dat hulle met ’n gesin wil begin. Foto: Gallo Images/Getty Images

Maar terselfdertyd word Ed deur die soveelste saak van kopieregskending in die gesig gestaar. 

Sy trefferlied “Shape of You” – die topverkoper-­enkelsnit van 2017 – is nou die onderwerp van regstappe deur die musikant Sam Chokri (26), wat wys op ooreenkomste met sy lied “Oh Why” van 2015.

Gevolglik is Ed se tantiemes vir die liedjie, wat hom reeds ’n aardige R370 miljoen in die sak gebring het, opgeskort hangende ’n hofuitspraak. 

Sam (26) beweer hy het die snit na die sanger se kringe gestuur in ’n poging om met hom saam te werk, maar niks gehoor nie en dit later in “Shape of You” herken. 

sam chokri,sanger
Sam Chokri. Foto: facebook

Tog is Sam nie die enigste kunstenaar wat beweer Ed is ’n na-aper nie.

Hy is al daarvan beskuldig dat hy materiaal by ’n aantal musikante “gesteel” het – en het dit in sommige gevalle erken.

MARVIN GAYE– LET’S GET IT ON

marvin gaye,sanger
Marvin Gaye. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die ster word deur die boedel van Ed Townsend, die medeskrywer van Marvin se 1973-treffer “Let’s Get It On”, gedagvaar dat hy “elemente daaruit gegaps” en dit in sy treffer “Thinking Out Loud” gebruik het.

MATT CARDLE – AMAZING

matt cardle,sanger
Matt Cardle. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ed is daarvan beskuldig dat sy liedjie “Photograph” ’n nabootsing is van ’n liedjie met die titel “Amazing” wat die Britse X-Factor-wenner Matt Cardle vyf jaar gelede uitgereik het. Ed moes R250 miljoen opdok. 

TLC – NO SCRUBS

tlc,sanggroep
TLC. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ooreenkomste tussen “Shape of You” en TLC se “No Scrubs” van 1999 is ook aanvanklik uitgewys, maar Ed het gou gespring en ná die uitreiking vinnig TLC se snit by die liedjie se erkenningslys gevoeg

SHAGGY – IT WASN’T ME

shaggy,musikant
Shaggy. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sam beweer Ed moes ook aan die rapper Shaggy erkenning gegee het in Liam Payne se liedjie “Strip That Down” nadat daar eers net aan Liam en Ed, wat die liedjie geskryf het, erkenning gegee is. 

BRONNE: BILLBOARD.COM, INDEPENDENT.CO.UK, THESUN.CO.UK, METRO.CO.UK, NME.COM, NYTIMES.COM, PAGESIX.COM, ­EONLINE.COM, BLOOMBERG.COM, NET-A-PORTER.COM
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.