Stephen, ’n rolprentvervaardiger, het Angel (10) – Mel en Eddie se dogter – tydens sy 10 jaar lange huwelik met Mel help grootmaak en probeer ’n regter oortuig om hom besoekregte as stiefouer te gee.

Hy het gesê sy “het my pa genoem vandat sy begin praat het”.

Volgens Stephen het sy regspan Eddie probeer nader om sy versoek as stiefouer te bespreek, maar vergeefs.

Stephen se prokureur, Grace Jamra, het aan ’n hof in Los Angeles gesê Eddie “stel nie belang nie” en “het geen kontak met die kind nie”.

Vreemd genoeg het (wat lyk na) ’n onlangse foto van Eddie, waarop dit lyk asof hy Angel ’n drukkie gee, enkele dae ná die skokbewering op Instagram opgeduik.

Die akteur, Eddie Murphy is die pa van Mel B se dogter, Angel. Foto: Gallo Images/ Getty Images

En die afgelope week is die meisie gewaar toe sy inkopies doen saam met Eddie se ma, Lillian Murphy.

Bronne: TMZ.com, DailyMail.co.uk