David (43) en Victoria Beckham (44), wat 19 jaar getroud is, het dolgelukkig gelyk toe hulle Sondag die privaat Kent & Curwen lente/somer 2019-modevertoning in Londen bywoon, berig E! Online.

Die voormalige Spice Girl het ’n kiekie gedeel op Instagram van haar met die hoofredakteur van British Vogue, Edward Enninful, en die mode-ontwerper Kim Jones, terwyl haar voormalige sokkerster-man met sy regterhand op haar skouer staan.

“So trots op @davidbeckham @daniel.kearns @kentandcurwen X pragtige reeks x soentjies @edward_enninful @mrkimjones VB,” het Victoria by die foto geskryf.

Dit was die paartjie se eerste openbare verskyning sedert die egskeidingsgerugte ’n paar dae tevore opgeduik het.

Die paartjie het op Vrydag 8 Junie ’n verklaring uitgereik waarin hulle die egskeidingsgerugte ’n “vernederende vermors van tyd” noem.

“Daar is geen verklaring op pad, geen egskeiding en hope gefluister en valse nuus in sosiale media. Dit is alles uiters bisar en ’n vernederende vermors van tyd,” het die paartjie se woordvoerder aan The Sun gesê.

#momentcaptured ? ?? @katrinaisrael

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Bronne: Eonline.com, News.com.au, Theguardian.com, Sun.co.uk