Volgens bronne kon die House of Cards-ster nie by die Golden Globes haar opgewondenheid beteuel nie en het sy teenoor Emily Blunt erken sy is swanger nadat Emily opgemerk het Kate se borste lyk groter.

Die paartjie se paaie het reeds meer as ’n dekade gelede gekruis toe hulle mekaar by ’n skermtoets ontmoet het. Dis ook daar waar hulle hul eerste soen gedeel het.

“Ons moes mekaar baie soen . . . Ek moes baie ander ouens ook vir die skermtoets soen,” het sy tydens ‘n onderhoud verklap.

View this post on Instagram

??

A post shared by Kate Mara (@katemara) on

Maar die paartjie het eers in 2015 amptelik begin uitgaan en Kate, oftewel Sue Storm van die Fantastic Four-faam, meen hulle het op die promosietoer van dié fliek verlief geraak.

Die Britse akteur was voorheen met Evan Rachel Wood getroud. Hulle het in 2012 afgehaak en het ’n seun, Jack (4), saam.

Ná minder as twee jaar saam, het Jamie en Evan se paadjies in 2014 geskei.

En hoe voel Kate oor haar toekomstige rol as ma?

“Ek kom van ’n baie groot familie en ek is my lewe lank deur kinders omring. Familie beteken alles vir my en ek hou daarvan om altyd in die teenwoordigheid van kinders te wees,” het sy aan Page Six vertel.

Bronne: Net-a-porterJezebel.comPagesix.comTheblast.com