Maar selfs sy aanhangers wou nuuskierig weet wat by sy vertoning by ’n Stellenbosse kuierplek gebeur het nadat hy ’n foto van sy bebloede linkerknie op Instagram gedeel het.

A post shared by Jack Parow (@jackparow) on

"Daar was ’n gebreekte bottel op die verhoog, het ek ná die tyd gesien. Ek het tydens een van my liedjies voor by die monitors op my knieë gegaan en myself gesny," vertel Jack aan Huisgenoot.

Foto: Instagram.
Jack Parow het ook ’n foto van sy knie op Instagram-stories gedeel. Foto: Instagram.

Die ongeluk het al vroeg in die vertoning gebeur en Jack sê dat hy net moes aangaan. "Ek het darem al ’n paar verversings gehad," troos hy homself.

Hy het vroeg Donderdagoggend ’n dokter by die Mediclinic Stellenbosch besoek en is ’n klem-in-die-kaak-inspuiting toegedien. "Die dokter het gesê dit is te laat vir steke en hy het die wond net verbind. Hy is darem positief dat dit maklik sal genees."

Jack sê Julie is beslis nie sy maand nie, en dat dit nou maar net verby kan gaan. "Ek het sowat twee weke gelede aan die Durban 10s-rugbywedstryde deelgeneem, waar ek harsingskudding opgedoen het en in die hospitaal beland het," verduidelik hy.

Gelukkig is sy volgende vertoning eers op 3 Augustus en sal hy sy eerste afnaweek in ’n "baie lang tyd" kan gebruik om ’n bietjie te rus en te sorg dat sy knie volkome herstel.