Die 37-jarige sanger het vir medepartytjiegangers by ’n album­bekendstelling in Londen gesê hy is “nie spyt” oor sy tyd saam met Kim (38) nie.

“Ek en Kim het pret gehad . . . marathonsessies. Maar sy het nie gehou van sweterig raak nie en het gereeld gerus om haar grimering op te knap,” het hy beweer.

En wanneer haar ma (Kris Jenner) gebel het terwyl hulle met die daad besig was, het sy amper altyd die oproep beantwoord.

“Sy het gehou van goed lyk tydens seks, die regte beligting, die stemming skep. Sy was wild; sy’t ’n rooi Louis Vuitton-kis vol seksspeelgoed gehad.”

Ray is met die Instagrammodel Princess Love (34) getroud en hulle het ’n sewe maande oue dogter, Melody.


View this post on Instagram

daddy Loves you!! #Twins

A post shared by Ray J • "RIGHT ON TIME" (@rayj) on

Hy het ook oor Kim se bestedingsgewoontes gepraat en beweer sy het amper R2 miljoen per jaar op deurtrekkertjies uitgegee.

Talle sosialemediagebruikers wou dadelik weet waarom ’n getroude man nog oor sy sekslewe met ’n eks van 10 jaar gelede praat. En hulle was nie die enigstes nie.

Ray se vrou was duidelik vies oor die storie toe sy op een Instagramgebruiker se vrae reageer.

Ray J se vrou, Princess Love, was glad nie beïndruk met haar man nie.

En Kim het op Twitter haar eks, wat saam met haar in haar berugte seksvideo te sien was, ’n “patologiese leuenaar” genoem.

Kim het nie woorde gespaar in haar reaksie op Ray J se 'ontboeseminge' nie.

Die One Wish-sanger, wat van 2005 tot 2007 met Kim uitgegaan het, het vinnig oor sy praatjies teruggekrabbel en op Instagram die kommentaar “vals gerugte” genoem.  

Burger King braai vir Kanye

Soveel van wat Kanye West deesdae kwytraak, slaan ’n mens dronk. Jy sal byvoorbeeld nooit weet wat hom genoop het om te twiet “McDonald’s is my gunstelingrestaurant” nie.

Maar Burger King Brittanje het gou op Twitter laat hoor: “Dit verklaar baie” – ’n duidelike steek na Yeezy se onlangse wispelturige gedrag.

Die kommentaar het soos ’n veldbrand versprei en die kitskosketting het dit opgevolg met: “As ons geweet het dit sou so groot raak, sou ons ’n SoundCloud gemaak het.”

Dit was nog ’n steek na Kanye (41) en sy voorliefde vir die oudmodiese musiekdeelplatform wat hy gebruik om nuwe snitte bekend te stel.

Burger King Amerika het in die pret gedeel en “Ek skat oë steeds toe” getwiet met verwysing na die rapper se onlangse stelling dat sy “oë nou wyd oop is” wat politiek betref.

BRONNE: VOGUE.COM, EONLINE.COM, THESUN.CO.UK, USMAGAZINE.COM