Sy het net drie dae gelede ’n foto van haar babamagie gedeel! En nou is sy die trotse mamma van nog ’n dogtertjie.

#ootd #stylingthebump #38weeks #babynumber3 @anneenhenzecollection

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

"Alles het baie goed gegaan. Ons is totaal in verwondering en so dankbaar. Ek het normaal gekraam en sy was 3,5 kg!!" vertel Minki aan Huisgenoot. 

En kyk net hoe rustig lê sy in haar pappa se arms. 

Minki se man, Ernst Joubert, met hul derde dogtertjie. Foto: Verskaf

"Ek voel regtig baie geseënd om vir ’n derde keer ’n baie goeie en gesonde swangerskap te hê," het Minki vroeër gesê. 

En sy het duidelik gestraal tydens haar derde swangerskap.

Minki, wat ook haar lyf veldaanbieder op die joernaalprogram Kwêla hou, en haar man, die oudrugbyspeler Ernst Joubert, is reeds die ouers van twee skattige dogters, Katerien (4) en Elise (3). Met haar eerste twee swangerskappe het hulle nog in Londen gewoon, waar Ernst vir die Britse rugbyklub Saracens uitgedraf het.

Ons is seker Katerien en Elise is baie opgewonde oor hul nuwe sussie. 

Baie geluk, Minki!