Die kleinding het op 22 Augustus verjaar.

“Die balle en ballonne was ’n treffer, en daarmee saam al die maatjies wat die dag saam met hom gevier het,” sê Nadia oor die partytjie. 

nadia beukes,davey de villiers,verjaardag
Die tema van balle en ballonne was duidelik ’n groot treffer vir die verjaardagknapie. Foto: Andelle Schenach Photography

“Van wat ek kon sien, het hy en die maatjies dit gate uit geniet, veral op die klimrame en in al die balle. Bygesê, selfs ek en Dave en van die ander ouers het die glyplanke aangedurf – dit was groot pret!”

Dit was wonderlik om te sien hoe Davey se persoonlikheid die afgelope jaar ontwikkel het, vertel die trotse ma.

nadia beukes,davey de villiers
Ook die ­ouers het pret gehad. Foto: Andelle Schenach Photography

“Hy is regtig ’n klein bondel vreugde. Ek kan nie help om te glimlag elke keer wanneer ek na daardie oulike gesiggie van hom kyk nie.” 

“In die afgelope jaar het ek so baie geleer oor ma-wees en ek leer elke dag nog,” sê Nadia. 

nadia beukes,davey de villiers,verjaardag
Die aktrise Nadia Beukes, haar man, David de Villiers, en hul seun, Davey. Foto: Andelle Schenach Photography

“Ek besef ’n mens kan jouself nooit regtig ten volle voorberei vir ouerskap nie. Dit is ’n wonderlike avontuur en elke dag het sy eie uitdagings en oorwinnings.”

“Ek het geleer om bietjie meer geduldig met myself te wees, my instink te vertrou en dat dit okei is om vir hulp te vra. Ek dink nie daar is een perfekte manier om ’n ouer te wees nie, elke kind en elke ouer is anders.”

nadia beukes,davey de villiers,verjaardag
Die kleinding in sy element. Foto: Andelle Schenach Photography
nadia beukes,davey de villiers,verjaardag
Davey se koek. “Die verjaardagkoek was besonder lekker,” het Nadia gesê. Foto: Andelle Schenach Photography


“Ek en Dave is nie perfek nie, maar ons probeer ons bes om goeie ouers vir ons seuntjie te wees en om hom altyd te verseker dat ons hom lief het,” voeg sy by.

  • Ballonne: Balloon Design; Koek: Minty Duo
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.