Op die foto lyk die man en vrou speels-gemaklik saam terwyl hulle mengeldrankies op die dek van ’n Pretoriase hotel aan die aangrensende Loftus Versfeld-stadion drink met sy uitsig oor die Jakarandastad se flonkerende liggies. 

Hy is ’n donkerkop; sy het lang, blonde hare. 

Op nog ’n foto sit sy na hom gedraai by die kroegtoonbank, haar geblomde hemprok hoog teen haar bene opgetrek. 

Die tyd is kort ná middernag. Die plek: die Skyline-kroeg van die Protea-hotel in Loftuspark. 

Die man op die foto’s is die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard (36), eens die Liefling van Loftus. 

Derick en ’n blonde be­markings­­assistent in haar
Derick en ’n blonde be­markings­­assistent in haar 20’s is in die vroeë ure van Saterdag 16 Maart afgeneem waar hulle intiem in die Skyline-­kroeg van die Protea-­hotel in Loftuspark gekuier het. Foto: Verskaf
Kort nadat die foto’s in die kroeg geneem is het N
Kort nadat die foto’s in die kroeg geneem is het Nádine die twee glo saam in ’n kamer betrap. Foto: Verskaf

Maar die vrou is nie sy meisie, die sangeres Nádine, met wie hy al 20 maande in ’n verhouding is, nie. 

Die vrou is ’n bemarkingsassistent in haar 20’s wie se naam aan Huisgenoot bekend is. 

Kort nadat die foto’s in die kroeg geneem is – in die vroeë ure van Saterdagoggend 16 Maart – het Nádine die twee glo saam in ’n kamer van dié viersterhotel betrap. 

Volgens ’n bron na aan die sangeres was daar toe ’n “hewige uitval” in die hotelkamer.

“Nádine het geglo Derick is haar trouman. Sy was geskok oor wat gebeur het,” vertel die bron op voorwaarde van anonimiteit aan Huisgenoot. 

Volgens ’n bron na aan die sangeres was daar toe ’n “hewige uitval” in die hotelkamer.

Nádine het by navraag teenoor Huisgenoot erken sy het Derick en die ander vrou gekonfronteer. 

Nádine is toe daar weg, maar het later die Saterdagoggend na die hotel teruggekeer. 

Hierdie keer was haar ma, wat ook haar bestuurder is, saam met haar. 

Hulle het Derick en die ander vrou glo steeds saam in die kamer aangetref. 

“My hart is stukkend; verby stukkend,” sê Nádine, tot onlangs getrou aan Derick se sy ten spyte van die uitdagings waarmee hy die afgelope tyd spartel. 

Nádine het Derick en die blondine saam met wie hy
Nádine het Derick en die blondine saam met wie hy die vorige aand in die Protea-­hotel gekuier het die oggend van 16 Maart gaan soek en hulle albei in ’n hotelkamer gekonfronteer. Foto: Verskaf

En Derick? Oor sy en Nádine se verhouding ná die hotel-eskapade sê hy: “Ons gaan bitter moeilik deur dié ding kom. Ek twyfel of daar nog hoop is. 

“Nádine is kwaad vir my. Met alle reg. En teleurgesteld,” het Derick per WhatsApp aan Huisgenoot gesê. 

Hy erken hy was daardie aand in die hotel besope, maar sê hy kan nie veel onthou van wat gebeur het nie. 

Hy ontken dat hy Nádine verneuk het of ooit sou verneuk, maar kan verstaan dat sy seergemaak en kwaad voel. 

“Ek weet nie hoe ons dit gaan regmaak nie. Ek weet as die rolle tussen my en Nádine omgekeer was, het dit my gebreek,” sê hy. 

Die gewilde sangeres en die voormalige Springbokrugbyheld se verhouding is nou in beseringstyd.

“As iemand hier geskop moet word, skop my. Ek het die verkeerde besluite geneem.” 

Dis die soveelste storm wat Nádine moet verduur sedert haar vriendskap met die eertydse Blou Bul- en Springbokrugbyspeler in ’n romanse ontwikkel het ná sy egskeiding van die sangeres Karlien van Jaarsveld. 

Verlede November is hy van dronk- en roekelose bestuur aangekla; in Desember het ’n beangste Karlien haar tot die sosiale media gewend nadat hy glo “vallende dronk” by ’n Kerskonsert in Pretoria was voor hy met hul tweelingseuns (5) “verdwyn” het. 

Daarna het sy aansoek om die Blou Bulle se afrigterspos misluk. 

Boonop het hy al self vertel hy was voorheen te afhanklik van die pille wat hy gebruik het nadat hy verskeie operasies aan sy skopvoet moes ondergaan. 

Deur dit alles het Nádine by hom bly staan. En nou dit. 

“In hul tyd saam was daar goeie tye, maar ook moeilike en swaar tye. Dit is asof daar net te veel issues is,” vertel ’n betroubare bron. 

Dis die soveelste storm wat Nádine moet verduur sedert haar vriendskap met die eertydse Blou Bul- en Springbokrugbyspeler in ’n romanse ontwikkel het ná sy egskeiding van die sangeres Karlien van Jaarsveld.

“Nádine het gereeld trane gestort oor Derick en al sy probleme. Dis op ’n manier asof Derick altyd mense se slaansak is. Maar dié ding het hy oor homself gebring.” 

“Hy sal nie weer iemand kry wat so vas agter hom staan nie.” 

Die gewilde sangeres en die voormalige Springbokrugbyheld se verhouding is nou in beseringstyd. 

Derick sê hy en die bemarkingsassistent het mekaar ure voor die hotelkuier die eerste keer ontmoet. 

Hy was vroeër die Vrydagmiddag by ’n restaurant in die Loftuspark-winkelsentrum om met ’n sakevriend oor sy skopskool vir rugbyspelers te gesels. 

Huisgenoot verneem die vriend het die bemarkingsassistent saamgenooi aangesien hulle nou saamwerk. Daarvandaan is die drie na die Protea-hotel. 

“Derick het Nádine genooi om saam by die hotel te kuier, maar sy het ’n rowwe week gehad en was reeds rustig by die huis,” vertel ons bron. 

“Derick het toe beloof om teen agtuur tuis te wees, maar het nooit opgedaag nie. Nádine kon hom nie in die hande kry nie.” 

Derick bevestig dit. “Ek was die middag saam met twee mense by die restaurant Vovo Telo in Loftuspark. Ons is toe na die hotel om bo in die kroeg verder te kuier.” 

Hy wou nie die twee mense se name noem nie. 

Derick sê hy en die bemarkingsassistent het mekaar ure voor die hotelkuier die eerste keer ontmoet.

Derick kan nie die tye onthou nie, maar vertel iemand by die hotel het hulle later die aand na ’n ander kroeg in Lynnwoodweg geneem om verder te kuier. 

Later het iemand hulle weer na die hotel teruggeneem. 

Volgens Derick het die vrou hom om veiligheidsredes na die hotel gehelp om daar te oornag. 

Derick erken hy was baie dronk. Hy kan nie onthou met wie se kaart vir die hotelkamer betaal is nie, maar sê die vrou wou net hê hy moet daar slaap eerder as om huis toe te bestuur.

“Ek het toe gaan slaap,” vertel hy. Intussen was Nádine rasend van bekommernis. 

“Sy het hom in die oggendure by die hotel gaan soek omdat dit is waar hy vroeër gesê het hy kuier,” vertel Huisgenoot se bron. 

Volgens dié bron was Derick in sy onderbroek en hemp in die bed toe Nádine by die kamer opdaag. 

Die ander vrou was geklee in dieselfde hemprok as op die foto’s van vroeër. 

Derick sê hy kan nie die konfrontasie in die hotelkamer onthou nie, maar ons bron vertel Nádine was buite haarself van woede. 

“Toe Nádine in die hotelkamer instap, was die vrou op die bed met haar foon op die laaier. 

Die vrou is ’n bemarkingsassistent in haar 20’s wi
Die vrou is ’n bemarkingsassistent in haar 20’s wie se naam aan Huisgenoot bekend is. Foto: Verskaf

As sy so bekommerd oor Derick was, hoekom het sy nie vir hom ’n Uber bestel nie? 

“Nádine wou weet wat sy saam met Derick daar maak. Sy het glo gesê Derick kan maak wat hy wil; sy (Nádine) is nie met hom getroud nie. Nádine is toe huilend daar weg, terug huis toe.” 

Kort ná ligdag is Nádine, dié keer saam met haar ma, terug na die hotel. 

“Hulle is die kamer in. Die vrou het toe gehuil en gesê sy gaan haar werk verloor en sy wou net help. Sy het Nádine ook daarvan beskuldig dat sy haar foon stukkend gegooi en haar motorsleutels gevat het.” 

Nádine ontken dit. Terwyl Nádine en die ander vrou in ’n rusie betrokke was, het Derick glo in die bed onder die kombers gelê en sy hande oor sy ore gehou. 

‘Ons gaan moeilik deur dié ding kom. Ek twyfel of daar hoop is’

Nadat Nádine daar weg is, het sy glo die res van die naweek omgehuil. 

Aan ’n kennis van haar het sy vertel: “Ek het soveel gedoen as wat een mens kan. Hom beskerm en liefgehad. Nou weet ek nie meer waarvoor nie.” 

Teen druktyd was dit nog nie duidelik of die Liefling van Loftus sy liefling sou terugwen nie. 

“Ek is vuisvoos,” het Derick by navraag aan Huisgenoot verklaar. 

Ja, hy het deur ’n swaar tyd gegaan, maar hy weet dit was vir Nádine ook moeilik. “Nádine is al deur genoeg.” 

  • Die bemarkingsassistent het nie op Huisgenoot se telefoniese en WhatsApp-boodskappe en versoeke om kommentaar gereageer nie. Huisgenoot weerhou haar naam om haar identiteit te beskerm.