“Dié keer trek ek met my hele klein-groot gesin. Ons is gereed! Dis meer as net ’n voorreg om ’n kantoor en huis in Johannesburg sowel as die Kaap te hê,” skryf sy op Instagram. 

“Dis soos om ’n lemoen in die helfte deur te sny,” vertel die ma van twee aan Huisgenoot. “Albei helftes kan op twee verskillende plekke wees, en die sap sal oral spat, maar dit bly dieselfde lemoen.”

Haar man, Ian Bredenkamp, en hul twee dogters, Esther Beth (3) en die 19 maande oue Annabelle, het ook getrek en almal pendel nou tussen Johannesburg en Kaapstad.

“Dis nogal koddig om te sien hoe mense dit probeer verstaan,” erken sy. “Ons het nog altyd in albei stede gewerk. Dié keer kry ons net ’n groter huisie vir ons babies en hond, Poppie.”

As enigiemand dink om in ’n vliegtuig te klim, is werk, “moet jy liewer ’n eenvoudige, kalm lewe lei en by die huis bly; een sonder uitdagings of verandering,” meen sy.

Sy pak op die oomblik ’n week lank bokse uit en dan kom die kleintjies. “Ek en Ian maak op mekaar staat. Ons het nie ’n klomp babaoppassers en helpers wat ons babas grootmaak nie. Ons babysit nie, ons parent,” vertel sy.

Dis “ongelooflik” vir haar om hulle in Pretoria in te burger.

“Ek het vanoggend 3 km gedraf en gaan vanmiddag ’n TV koop. Ha! Ek geniet die mense hier en dis heerlik om terug te wees by Jacaranda FM!”

Sy en Ian, ’n voormalige omroeper en nou agent, wil meer tyd in hul kantoor in Johannesburg deurbring.

“Daarmee saam kom my aanbod van Jacaranda FM al vir ’n tydjie aan en ek voel dis tyd. Ná 15 jaar keer ek terug na die radiostasie wat my my eerste gig aangebied het. Dié keer is ek beter, ouer en hopelik het ek meer wysheid.”

Tune in !!!! #workzone @jacarandafm ??

A post shared by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on

En sy is gewoond aan trek. “Ravensmead. Bellville. Stellenbosch (vir studie). Johannesburg-huurhuis. Nog ’n huurhuis. My eerste koophuis. My tweede koophuis. Israel. En nou Johannesburg."

Elana bied van 1 Augustus af Jacaranda FM se WorkZone (weekoggende van nege tot twaalf) aan. Sy neem oor by Mack Rapapali, wat na die laataandprogram tussen tienuur en eenuur van Maandag tot Donderdag skuif.

Sy sal ook ’n podsending, Elana Afrika’s Baby Brunch, op die stasie se webtuiste aanbied.

Maar dis nie al nie. Tussendeur hou sy haar lyf aktrise en is van 10 Julie af te sien in die kykNET-regsdrama, Fynskrif, waarin sy Gertrude speel.