Ellen DeGeneres het in David Letterman se nuwe Netflix-program, My Next Guest Needs No Introduction, openhartig oor die geweldige impak gepraat van molestering op haar as tiener en haar verhouding met haar ma.

View this post on Instagram

Happy #PrideMonth. #MyNextGuest

A post shared by Ellen (@theellenshow) on

Sy beskryf dit as ’n “aaklige, aaklige storie” en sê sy was “15 of 16” toe haar stiefpa vir haar gesê het hy moet haar borste ondersoek vir knoppe wat op kanker kan dui. 

Dít nadat haar ma, Betty, ’n mastektomie weens borskanker ondergaan het.

“En sake het vererger. Toe my ma eenkeer uitstedig was, het hy my kamerdeur probeer afbreek. Ek wou nie vir my ma sê nie. Ek wou nie haar geluk bederf nie.”

Ellen het nie haar stiefpa se naam genoem nie. 

“Ek is kwaad vir myself omdat ek te swak was om teen hom op te staan.”

Betty (nou 89) was in daardie stadium met Roy Grussendorf, ’n verkoopsman van Texas, getroud. 

Hulle is getroud nadat Betty van Ellen se pa, Elliott DeGeneres, ’n versekerings­agent, geskei is. Roy is in 1997 oorlede.

Ellen sê sy vertel nou haar storie om ander slagoffers van seksuele geweld aan te moedig om ook daaroor te praat.

ESQUIRE.COM, METRO.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK