Die Amerikaanse komediant, aktrise en kletsprogramaanbieder het onder skoot gekom oor ’n foto wat sy op Twitter gedeel het tydens haar week lange besoek aan Oos-Afrika, waartydens sy klaarblyklik Kenia, Rwanda en Tanzanië besoek het.
Sy en haar vrou, Portia de Rossi, het Afrika besoek om Ellen se 60ste verjaardag te vier. Ellen het foto’s gedeel van hulle by kameelperde en ’n gorilla.
I’ve waited my whole life to make this trip. pic.twitter.com/J2GNciu9Oy
— Ellen DeGeneres (@TheEllenShow) May 31, 2018
Maar dit was toe sy ’n foto van haar en kinders deel dat sy aanhangers warm onder die kraag gemaak het. By die foto van haar saam met kinders skryf Ellen: “Dankie aan al die fantastiese mense wat ek op die reis ontmoet het wat gehelp het om dit spesiaal te maak.”
Thank you to all of the amazing people I met on my trip, who helped make it so special. pic.twitter.com/w4sQop7yfR
— Ellen DeGeneres (@TheEllenShow) June 4, 2018
Hierna is sy hewig gekritiseer dat sy “armoede-pornografie” opgelaai het.
“Jy kon foto’s in die ryk buurte neem, maar nee, jy wil die armsalige deel van Afrika wys,” skryf een Twitter-gebruiker oor dié foto.
"Afrika is nie net ’n oerwoud nie. Daar is stede en mense wat daar bly,” skryf ’n ander Twitter-gebruiker.
Nog iemand skryf: “Jy het op ’n lekker lughawe geland en in ’n lieflike hotel gebly voor jy ’n reis onderneem het om arm Afrika-kinders te loop soek vir ’n foto.”
Insider berig talle organisasies sonder 'n winsoogmerk en bekendes het onder skoot gekom oor hulle die negatiewe stereotipe laat voortduur dat Afrika 'n onbeskaafde en verarmde vasteland is deur 'armoede-pornografie' in die sosiale media te deel.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET