Maar in ’n podsending vir Dax Shepard se Armchair Expert het sy nou gesê die gay gemeenskap het nie toe gereageer soos sy verwag het nie.

“Selfs Elton John het gesê: ‘Bly tog nou stil. Ons weet jy’s gay. Wees snaaks.’

Die sanger, Sir Elton John. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ek het hom toe nog nooit ontmoet nie en het gedink: Watter soort steun is dit van ’n gay mens?

"Maar almal het aanvaar ek praat net onophoudelik daaroor. Dit het my gevoelens gekwets.”