Die 71-jarige superster en sy man van 13 jaar was aangedaan toe hulle die kans kry om uit te vind hoe dit met Lef Agejef (10) gaan.

Elton en David (55) het in 2009 probeer om die Oekraïense seun aan te neem, maar die land, wat nie selfdegeslag-huwelike erken nie, het hulle nie as geskikte ouers beskou nie.

Elton en David het in 2009 probeer om Lef aan te neem, maar Oekraïense amptenare het geweier. Hulle het intussen twee kinders aangeneem. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit het nie die egpaar, wat nou die ouers van Elijah (5) en Zachary (7) is, gekeer om Lef se goeie feë te wees nie.

Die 71-jarige superster en sy man van 13 jaar was aangedaan toe hulle die kans kry om uit te vind hoe dit met Lef Agejef (10) gaan. Foto: Magazine Features

Die sanger het Lef, sy broer en hul ouma ’n paar jaar gelede na die veiligheid van Lwif help trek toe hul lewe deur konflik in hul geboortestad, Makijifka, bedreig is.

Bronne: DailyMail.co.uk, Harpersbazaar.com