Ná ’n egskeiding, waartydens sy haar vervreemde man, Michael Lockwood (56), van pedofilie beskuldig het (die bewerings is nooit bewys nie), het ’n regter nou beslis sy moet sy regskoste van sowat R1,2 miljoen betaal.

En dit gaan vir die dogter van wyle Elvis Presley nie so maklik wees nie.

Happy Birthday dad

A post shared by Lisa Marie Presley (@lisa_mariepresley) on

Lisa Marie beweer sy is R192 miljoen in die rooi. Volgens hofdokumente is die skuld meestal onbetaalde belasting, kredietkaarte en prokureursrekenings.

Michael, ’n musikant en die pa van Lisa Marie se tweelingdogters, Finley en Harper (9), beweer sy jok oor haar bates en dat sy baie meer geld verdien.

Dalk steek waarheid daarin. In 2004 het Lisa Marie 85% van Elvis Enterprises vir R1,2 biljoen verkoop, en Elvis se boedel laat nog elke jaar meer as sowat R240 miljoen inrol.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TMZ.COM