Hy is reg vir die uitdaging, sê Emo Adams oor die nuus dat hy Noot vir Noot se nuwe aanbieder gaan wees. 

“Natuurlik is ek oorweldig daardeur dat ’n legendariese musiek-ikoon soos Johan Stemmet my persoonlik ge­nader het vir so ’n groot projek.” 

Emo Adams sê hy waardeer al die ­positiewe komment
Emo Adams sê hy waardeer al die ­positiewe kommentaar op sy aanstelling as nuwe aanbieder van Noot vir Noot. Foto: Instagram@emo_adams

Johan het dié gewilde musiekprogram 29 jaar lank aangebied. Tog voel Emo nie hy hoef hom na te boots nie. 

“Baie mense vra of ek sy sêgoed gaan gebruik of ook onderbaadjies gaan dra. Ek dink hy het juis vir my gevra omdat hy weet ek het my eie styl, brand en sêgoed.

Emo is reg om die leisels by ­Johan Stemmet oor te
Emo is reg om die leisels by ­Johan Stemmet oor te neem. Foto: Verskaf

“Johan sal steeds die regie behartig, en dit is ’n voorreg om so nou saam met ’n legende te kan werk.”