Dit volg nadat sy in die leefstylprogram Tyd met Aleit op kykNET kortliks daaroor gesels het. 

Hier volg ’n uittreksel van haar inskrywing: 

Ek is nie gevat nie. En ek is ook nie op die rak vir vertoning nie. Ek wag vir die een wat my hart verdien. (’n Gebroke hart is nie lekker nie en ek stel nie daarin belang nie.) 

Ek is nie bitter, vervelig of hatig nie. Ek wil net my lewe geniet, ontdek wat ek wil hê (ja, jy ontdek dit wanneer jy alleen is), na myself omsien deur aan myself te werk, my drome te bou, op avonture te gaan en my doel te vind. 

Ek spaar my geld, is lief vir my vriende, geniet my stokperdjies en bid elke dag dat God vir my ’n lewensmaat sal stuur in Sy perfekte tyd.

View this post on Instagram

Real friendships should be based on how many adventures and sunrises/sunsets are shared. @yentepienaar @cindyhawleyphotography @moorddriftwildlife

A post shared by ? ???????????? ?????????????? ? (@pascalie) on

Maar ek besef ook dat die man wat vir my bedoel is, ook aan homself werk. Ek soek en verdien ’n heel man, wat smag na en ’n heel vrou verdien. 

Dis nie asof ek nie ’n man kan kry nie; ek wil net nie sommer net met enigeen uitgaan nie. Wanneer ek my lewensmaat ontmoet, wil ek op dieselfde vlak as hy wees.

As ek ’n suksesvolle man wil hê, moet ek self ’n suksesvolle vrou wees.

As ek ’n man wil hê wat homself goed versorg, moet ek myself ook goed versorg. Die grootste probleem is dat ek gelukkig is om net my eie ding te doen. #wen

Maar terwyl dié waar is, sal ek ook die regte man toelaat om my wêreld onderstebo te keer, mits ek weet dis hy en die tyd is reg daarvoor. 

Vir nou: Moenie aanstoot neem, my bejammer of beledig nie. Ek is 'n onafhanklike, hardwerkende vrou (nes soveel ander) en ek dink dit is iets om te respekteer en nie te vermaan nie. Vroue, gaan vind eers op jul eie jul geluk!

Moenie met minder tevrede wees

Pascal het by navraag gesê mense is geneig is om in verhoudings te gaan bloot omdat hulle "te bang is om alleen te wees". 

" ’n Sielsvennoot of ’n kêrel is iets ongelooflik spesiaal en om jouself bloot te stel en jou tyd met iemand te deel, is nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie. Mense moet hulself net aan iemand verbind wat hulle gaan beter maak,” sê die aktrise. 

"Ek dink ’n sielsgenoot is iets wat godly is – dis nie toevallig nie. Dis hoekom ek enkellopend is. Ek kan ’n kêrel kry as ek wil, maar ek gaan nie my tyd mors met iemand wat average is nie. 

"Mense is geneig om dit te doen, pleks van iemand ongeloofliks te kry wat vir hulle bedoel is. En wie weet, dalk bly ek nog lank enkellopend, maar ek sal eerder wag vir die ultimate mens en iemand wat vir my butterflies gee op 30 as om iemand te kry wat net oukei is."

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.