Erfsondes-ster gesels oor ma-wees na sy amok maak in Fynskrif

akkreditasie
Jana Strydom en haar  dogtertjie, Anouk. Foto: Instagram/@janastrydom
Jana Strydom en haar dogtertjie, Anouk. Foto: Instagram/@janastrydom

Aanhangers van die reeks hou al weke lank dop om te sien of Ben van Wyk, wat deur die akteur Neels van Jaarsveld gespeel word, en Katrien Nienaber (Cintaine Schutte) weer bymekaar gaan uitkom. Maar dinge is die afgelope week behoorlik deurmekaar gekrap toe Ben saam met Retha, wat deur die Erfsondes-aktrise Jana Kruger (nee Strydom) gespeel word, in die bed spring.

Retha sal nie weer in die reeks gesien word nie, maar net die tyd sal leer of Ben en Katrien eindelik weer 'n paartjie sal wees.

“Retha vat nie nonsens nie en is ’n straight shooter,” sê Jana oor die karakter. “Sy is nie op haar bek geval nie en dit was pret om die blatante, amper voorbarige Retha vir ’n dag te speel.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees