Emmanuel, wat onlangs as dr. Sergio de Freitas in die hospitaaldramareeks Binnelanders op kykNET te sien was, het die goeie nuus in die sosiale media gedeel dat Sharlene swanger is met 'n dogtertjie.
“ ’n Klein bietjie kamera-sku, anders as haar pa. Sien jou in Februarie, klein engel,” het Emmanuel op Instagram by ’n sonarfoto geskryf.