Al is Maya Hawke (20) se naam nog nie alombekend nie, is sy vir roem bestem. 

Die blouoogdogter van die akteurs Ethan Hawke en Uma Thurman maak opslae met haar verskyning in die derde seisoen van Netflix se Stranger Things. 

View this post on Instagram

One summer can change everything.

A post shared by Maya Ray (@maya_hawke) on

Sy speel die nuweling Robin. Kritici is gaande oor haar spel, maar haar grootste bewonderaar is haar pa.

“Party van julle het haar dalk in verlede jaar se BBC-produksie van Little Women misgeloop. Party van julle het dalk haar werk by Juilliard (die bekende New Yorkse kunsskool) misgeloop. Ek weet talle het verskeie hoërskoolproduksies misgeloop – heng, selfs ek het ’n paar misgeloop en ek is haar pa,” het hy op Instagram geskryf.

ethan hawke,akteur
Ethan Hawke. Foto: Gallo Images/Getty Images
uma thurman,aktrise
Uma Thurman. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Maar, dames en here, leer Maya Hawke ken. Sy’s die ware Jakob,” skryf Ethan (48) oor sy oudste kind by sy eksvrou, Uma (49). 

Hulle is ook die ouers van ’n seun, Levon (17).

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, VOGUE.COM, PEOPLE.COM