Faf is saam met die res van Suid-Afrika hartseer oor die nuus dat AB uittree en sê hy gaan dit baie mis om saam met sy vriend krieket te speel. 

“So baie wonderlike herinneringe van vennootskap wat ons op die krieketveld gedeel het. Dit is hartseer dat ons nie meer saam vir die groen en goud sal kolf nie. Gaan jou mis.” 

Faf en AB is al jare lank goeie vriende en het saam krieket gespeel lank voor hulle deel geraak het van die Proteas. Hulle was saam aan die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria. Hulle het albei vir die skool se eerste krieketspan gespeel toe hulle 15 jaar oud was én hulle het selfs ’n koshuiskamer gedeel.   

Faf kyk al jare lank op na AB en het in November 2013 nog ’n besonderse boodskap (ook op Instagram) gedeel, ’n dag voor AB sy 100ste toetswedstryd vir die Proteas sou speel.

“Môre sal ’n spesiale geleentheid vir ons almal wees wanneer ons saam met ’n ongelooflike speler op die veld sal stap en geskiedenis maak. AB was die afgelope 10 jaar ’n merkwaardige dienaar van krieket met 100 toetswedstryde en die no. 1-kolwer in die wêreld. Dit is ’n eer om saam met jou te speel. Jy is ’n wonderlike spanmaat en ’n nog beter mens. Baie trots op jou!”

Happy bday to this champion of a man @abdevilliers17

A post shared by Faf du plessis (@fafdup) on

My flying partner for the trip @abdevilliers17

A post shared by Faf du plessis (@fafdup) on

Cheers partner @fafdup

A post shared by AB de Villiers (@abdevilliers17) on