Dit lyk asof die tweetjies nie enigsins meer opgewonde kan raak oor hulle in November 'n baba verwag nie.

Die paartjie het ’n skattige video in Wildernis in die Wes-Kaap met ’n hommeltuig geneem om die geslag van die baba op ’n unieke manier te verklap. 

View this post on Instagram

... #baby #genderreveal #drone #beach #babyboy #excited #skynews

A post shared by Vilje Maritz (@viljemaritz) on

In die video is daar in reuse-letters op die strand uitgespel dat hulle ’n seuntjie verwag. En sou een van hul aanhangers dalk die skaal van hul projek onderskat, lê die paartjie snoesig in een van die letters. 

In nog ’n video wat Viljé onlangs op Instagram geplaas het, deel hy ’n besoek aan die dokter waar hulle die sonar wys.

“Die excitement is huge! Halfpad, en elke dag is geseënd saam met Lianry en Leja,” koer hy. Leja is Lianry se vyfjarige dogtertjie uit 'n vorige verhouding.

“Almal is mos maar ’n bietjie skrikkerig vir die onbekende, maar ons opgewondenheid is soveel meer as die vrees,” het Viljé vroeër aan Huisgenoot gesê. 

Tog is hy baie opgewonde vir die eerste ontmoeting en aanraking met sy seuntjie en die eerste geskree en gehuil, vertel Viljé. “Ek glo emosies gaan hoog loop daai dag,” lag hy.

Viljé vertel dat hy nog baie bang is vir die hele “doeke-omruil-ding”.

“Ons sal sien, aanhouer wen, en ek wil soveel as moontlik betrokke wees met die hele proses,” vertel hy.

Oor die feit dat Viljé beslis ’n raakvatter-pa gaan wees, is daar geen twyfel nie. Viljé sit gereeld hand by met Leja, Lianry se dogtertjie, en is mal daaroor.

View this post on Instagram

Ohhh yeah!!! #kiefdad

A post shared by Vilje Maritz (@viljemaritz) on

“Ek het by Leja geleer dat as ’n mens rustig, sag en liefdevol met haar praat is sy die mooiste wese wat bestaan,” vertel Viljé.

“Sy is ’n mensie wat net aanvaarding en liefde soek, en daarvan het ek gelukkig baie,” sê hy.

En boonop gaan hy hierdie liefde en aanvaarding binnekort met sy babaseuntjie ook kan deel. En dié pappa kan nie wag nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe