“Hy was in New Orleans, hy het ’n pak gehad en ek weet hy was baie opgewonde,” sê Serena (36). “Maar toe laat weet hy my: ‘Serena, ek wil nie hê jy moet kwaad wees vir my nie, maar ek kan nie saam met jou kansel toe stap nie. Ek is nie meer myself nie. Ek is te senuagtig.’ ”

Serena, die ma van ’n agt maande oue dogter, Alexis Ohanian jr., erken sy was teleurgesteld, maar het vir haar pa in ’n teksboodskap laat weet sy verstaan.

“Dalk sou baie dogters nie dieselfde gereageer het nie, maar ek weet waarteen hy die afgelope paar jaar baklei,” het die tenniskampioen gesê. Richard (76) het in 2016 ’n beroerte gehad.

“Sy gesondheid is nou beter, maar ek weet hy voel steeds nie soos homself nie. En ek verstaan volkome as hy nie voor ’n klomp mense wil wees nie.”

FOTO'S: Gallo Images/Getty Images, HBO