Sy drie maande oue seuntjie Shiloh vermurwe deesdae harte in sosiale media.

Die 7de Laan-akteur se meisie, Tammy van der Merwe (30), ’n prokureur, het in Januarie aan hul babaseuntjie die lewe geskenk.   

Die paartjie, wat in Johannesburg woon, het in Desember die swangerskap op Instagram aangekondig. Intussen kan aanhangers van die geliefde akteur nie genoeg kry van Shiloh nie.

Theodore deel gereeld pragfoto’s van hul oulike seuntjie, wat onlangs selfs sy eie fotosessie deur ’n professionele fotograaf gehad het. En die outjie aard duidelik na sy pa en lyk omtrent kamera-gereed!

En sy ma kan dit nie weerstaan om foto’s van die kleintjie te neem nie. “Hoe kan ek nie kiekie neem van daai bolle wangetjies nie,” skryf sy by een van die foto’s wat Theodore op Instagram gelaai het. 

Shiloh lyk op ’n haar na sy ma toe sy ’n kleinding was. Theodore het onlangs ’n foto van Shiloh en Tammy as ’n kleuter op sy Instagram gelaai en daarby geskryf Shiloh het sy wangetjies en ogies van sy mamma kry.

Die foto het heelwat positiewe reaksie ontlok – een het geskryf dis “so pragtig” en nog een het Shiloh ’n “oulike baba” genoem.