Met dié dat sy in 1988 gebore is, was die tema “Kom ons hou partytjie asof dit 1988 is”.

Carina by haar sepiesuster, Kristen Raath, en sepiebroer, André Lotter. Foto: Verskaf.

“Almal se uitrustings is deur die 1980’s geïnspireer. Dit was opwindend om te sien hoe kreatief almal was en hoeveel moeite hulle met hul uitrustings gedoen het,” vertel sy.

Die akteurs Francois Lensley en Markus Haywood. Foto: Verskaf.

Die partytjie, met ’n koek in die vorm van die Rubik-kubus en musiek uit die 1980’s uit ’n blêrkas, is vroeër vandeesmaand in ’n klubhuis in Pretoria gehou.

Carina se verjaarkoek was in die vorm van ’n Rubik-kubus. Foto: Verskaf.

Carina het eintlik al op 4 Januarie verjaar, maar het haar partytjie tot ná die somervakansie uitgestel.

Deon Nagel en sy vrou, die aktrise Carina Nel. Foto: Verskaf.

Op 30 voel sy fantasties, sê sy. “Ek sien uit na hierdie nuwe era in my lewe. Dis vir my belangriker as ooit om gehaltetyd saam met die mense vir wie ek lief is deur te bring. Ek wil net voluit leef!”