Die sexy akteur, wat onlangs in Knapsekêrels op kykNET te sien was, kuier nou in China se hoofstad, Beijing. 

Hy het op Instagram geskryf hy voel geeërd om by vanjaar se Beijing Internasionale Rolprentfees te kan wees.

A post shared by A R M A N D - A U C A M P (@armandaucamp) on

Armand, wat binnekort die rol van 'n riviergids, Guy, in die Afrikaanse fliek Stroomop gaan vertolk, het onlangs in Beijing aangekom. 

Hy het Donderdag op Instagram aangekondig hy is daar. “Wat 'n voorreg om by die 2018 Beijing Internasionale Filmfees te wees.” 

Armand kuier daar saam met mense soos die bekroonde Hongkongse rolprentmaker Wong Kar-wai.

“Hy is deel van die keuringspaneel wat ons genooi het,” skryf Armand. Die Suid-Afrikaanse rolprent Krotoa, waarin hy speel, word op die fees vertoon. 

Kom ons kyk wat die besoek vir ons plaaslike talent oplewer.