Khloé (33) het vroeër in Maart bekendgemaak sy en haar kêrel, die basketbalspeler Tristan Thompson, verwag ’n dogtertjie. En by haar ooievaarstee was dit net pienk waar jy kyk - van die ballonne tot die koeke en rose was pienk om hul dogtertjie se koms te vier.

"Ek het ’n ongelooflike ooievaarstee gehad – ons het so baie liefde gevoel. Ek is so dankbaar om so ’n pragtige ondersteuningsnetwerk te hê," het Khloé op Instagram laat val.

Khloé het pragtig gelyk in ’n noupassende pienk nommertjie. 

?? Magical moments with the most magical women! I’ll forever be in love with YOU! ??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

"Betowerende oomblikke met betowerende vroue," het sy by ’n foto met haar ma en susters geskryf. 

En kyk net hoe mooi het die venue gelyk! "Waar begin ek? Hoe begin ek om vir almal dankie te sê wat gehelp het om die mees ongelooflike ooievaarstee te beplan? Liefde is betrokke. Ek droom nog steeds," skryf Khloé op Instagram. 

Khloé en Tristan is duidelik baie opgewonde om hul eersteling te verwelkom.

??

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

Dit sal Khloé se eerste kind wees en Tristan se tweede spruit. Hy het reeds ’n 15 maande oue seuntjie, Prince Oliver, uit ’n vorige verhouding met Jordan Craig (26), ’n model. 

Khloé sal na verwagting in April die lewe aan haar eersteling skenk.