Hartenbos, jou lekker ding!

Die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, bring al jare lank hul somervakansies op Hartenbos aan die Suid-Kaapse kus deur.

Dis waar hulle mekaar in Desember 2011 in ’n dansplek ontmoet en in Desember 2014 verloof geraak het. En dié somer was hulle weer daar, maar dié keer saam met hul eersteling, wie se naam hulle nog nie wil bekendmaak nie.

Die kleinman het op 6 Januarie sy eerste verjaardag gevier en alte lekker saam met ma en pa op die strand baljaar. Rolene, wat gereeld oefen en draf, het haar vietse en ferm lyf in ’n wit bikini gewys.

Van Jaarsveld-blaaskans vol spesiale geleenthede

Die gewilde boet en sus Bobby en Karlien van Jaarsveld het tussen sangoptredes deur darem tyd ingeruim om saam met geliefdes en vriende by Sodwanabaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus uit te span.

Die vakansie was ’n tyd van vierings vir hulle met dié dat Karlien en haar eksman, Derick Hougaard, se tweeling, Eliah en Daniël (4), in Desember verjaar en ook Bobby se jongste seun, Leben (5).

Die blonde sanger en sy jongste suster, Cara Brink, het ook die koraalriwwe en kleurryke seelewe by dié gewilde skubaduikbestemming verken.

Stralende, swanger Minki

Die Boer Soek ’n Vrou- en Kwêla-aanbieder Minki van der Westhuizen het saam met haar man, Ernst Joubert, en hul twee dogters, Katerien (4) en Elise (3), die somerson ingedrink.

Hulle het eers by Kammabaai op Hermanus op die strand baljaar en later op Stilbaai. Minki, wat haar derde kleinding in Maart verwag, het die kans benut om te spog met haar bababoepie, oftewel “Stilbaai-pensie”, soos sy dit by ’n foto in die sosiale media genoem het.

Sy en Ernst lyk nog net so verlief soos op hul troudag in 2012. Minki het haar man in die sosiale media as “haar gunstelingmens op aarde” beskryf.

By ’n foto waarop hy vir Elise en Katerien abba, het sy hom skertsend die “NeverBeast” genoem – die goedige monster in die prent Tinkerbell and the Legend of the NeverBeast.

Son en TOE sneeu vir Melinda en Adriaan

Al die lekkertes van die somer én die winter. Die voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam en haar man, die gewese Mnr. Suid-Afrika en nou sakeman Adriaan Berg, het tydens hul vakansie hul swemklere vir ski-klere verruil.

Eers het hulle op St. Francisbaai in die Oos-Kaap die see en son geniet. Daar het hulle aan ysstokkies weggelê en het Melinda op die strand met haar perdebylyfie gespog. Kort daarna het hulle die skihellings van die Franse Alpe aangedurf.

What an incredible day to end off 2017!!!. . 6Hours on the slopes gave us some time to reflect quite a bit... . A day on these white glistening peaks summarized this year so appropriately:. Fun, filled with adventure, fast paced, breathtaking, sometimes slightly scary how quick it flew by. Sometimes we fell, but we always got back up again, @adriaanbergh by my side cheering me on, and me always admiring him at how effortlessly he excels at everything. Blessed to be able to do what we do, protected by the blood of the Lamb even in the face of fear, many highs - almost too many, many slippery moments where we feel like its almost out of control!. Moments where we could just stand in awe of how Great our God is, how Majestic is Creation is, how awe inspiring His power is, how comforting His peace is, and how ever small or insignificant we might look to the mountains or people around us, He knows us by name and has called us for a grand purpose!. . I pray Deuteronomy 28:2-13 over our year - blessed are we when we come in, blessed when we go out! May we be clothed in His love, grace and favor, and always find our greatest strength leaning into HIM!. . May 2018’s biggest adventure be, to truly have faith that not only conquers mountains, but truly moves them!. . @adriaanbergh ek is so bevoreg om die avontuur met jou aan my sy te leef! #LikeAGlove #lapio . . #newyearseve #newyear2017 #alpedhuez #frenchalps #skiing #skiholiday2017 #ski #love #happiness #blessed #happy #livetoinspire #inspiretolive #marriedlife #twomonkeystravel

A post shared by melindabam (@melindabam) on

Die belewenis het weer die kind in haar na vore gebring, het Melinda, aanbieder van Wie’s Jou Poppie op VIA, in die sosiale media laat hoor. Die skitterwit sneeulandskap het haar betower. “Winterwonderland. Selfs die koudste dae in die Franse Alpe laat my hart warm voel,” het die blonde skoonheid gesê.

Ons lawaai op St. Francisbaai!

St. Francisbaai was hierdie somer ’n gewilde vakansiebestemming onder ons bekendes. Die akteurspaar Altus Theart en Zetske van Pletzen het ’n paar dae lank daar uitgehang saam met hul seun, Alexander (1).

“Hoeveel gelukkiger kan Alexander wees as om op St. Francisbaai te wees saam met sy ma en pa,” het Altus, Getroud met Rugby se Fafa, in die sosiale media oor hul gesinsvakansie geskryf.

Die sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het saam met hul twee seuns, Milan(4) en Luka (1), op dieselfde Oos-Kaapse kusdorp vakansie gehou. Wanneer die Jordaans nie visgevang of op ’n boot rondgevaar het nie, het hulle op die strand baljaar.

Pascal se paspoort vol stempels

Die Binnelanders-aktrise Pascal Pienaar, wat die verpleegster Karli speel, se paspoort wemel al van stempels wat sy op buitelandse reise versamel het.

hang five @riohanggliding ????

A post shared by P A S C A L ? P I E N A A R (@pascalie) on

Dié keer het sy Brasilië en Argentinië in Suid-Amerika verken.

Found my Toucan man ????

A post shared by P A S C A L ? P I E N A A R (@pascalie) on

Veral die Brasiliaanse strande het haar bekoor. Sy het ook haar avontuurlustige sy gewys toe sy in die bergagtige deelstaat Rio de Janeiro hangsweef.

Feeling Alive in Argentina #argentina #???? #iguazufalls

A post shared by P A S C A L ? P I E N A A R (@pascalie) on

In Argentinië het sy onder meer ’n kielbektoekan, ’n kleurryke inheemse voël, van nader bekyk. By ’n foto waarop sy met uitgestrekte arms by die kragtige Cataratas del Iguazú-waterval poseer, het sy in die sosiale media geskryf: “Ek voel lewendig in Argentinië.”