Franja het Dinsdag aan Huisgenoot bevestig sy en Willie het twee weke gelede finaal opgebreek. 

Franja en Willie het sewe jaar lank uitgegaan. Hulle was skoolliefdes wat by die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria ontmoet en verlief geraak het. Hulle het in Desember 2016 verloof geraak met ’n knoets van ’n diamant.

Willie, wat vir die Pumas-rugbyspan gespeel het, is onlangs deur die Goue Leeus gekontrakteer. 

Hy het aan die begin van die jaar dié foto gedeel op Instagram:

Die oulike vroutjie verjaar vandag !! Baie geluk my liefste ! Lief vir jou baie ! @franjadp

A post shared by Willie Engelbrecht (@w_engel7) on

Franja het die foto’s van haar en Willie van haar Instagram-profiel verwyder. 

“Ons het so twee, drie weke gelede finaal uitgemaak. Dis beter so. Ons fokus op ons al twee se loopbane. Hy was ver en daar was baie druk op ons verhouding,” sê Franja. 

Franja sê Willie is haar enigste liefde tot dusver en sy’t baie trane gestort, maar sy probeer nou op haar loopbaan fokus. 

“Ek glo dinge gebeur soos dit moet en net God bepaal ons pad vorentoe. Ek wens vir Willie net seën en geluk toe,” sê sy.