MUSIEK-INSPIRASIE

Van die DJ’s wat hom inspireer, is Diplo, Calvin Harris en sy landgenoot David Guetta, vir wie hy in 2016 geopen het tydens sy Listen-toer in Europa. “Wat gedrag betref, is hy ’n inspirasie, want hy is so nederig,” vertel hy van David.

Wat sê die naam?

Kungs, wat Valentin Brunel gedoop is, sê Google Translate was verantwoordelik vir sy verhoognaam. “Ek het na ’n vertaling vir gentleman gesoek.” In Letties is dit kungs. So is sy verhoognaam gebore.

MUSIKAAL VERBY

Dié boorling van Toulon, in die suide van Frankryk, se musiekloopbaan het op vyf jaar begin toe sy ouers vir hom djembe-dromme gee. Tuis het hy na sy pa se ruk-en-rol- en blues-CD’s geluister. Hy’t op 16 die skuif na elektroniese musiek gemaak nadat hy dit op YouTube ontdek het. Hy’t sagteware gekoop en in sy slaapkamer liedjies begin skep.

Good food = good mood ??

A post shared by Kungs (@kungsmusic) on

SY GROOT LIEFDE

Hy sê hy gaan nie in die ateljee in met ’n voorafbepaalde idee vir ’n nuwe liedjie nie.

“Die doel is om pret te hê, iets nuuts te skep en die oomblik te geniet.”

Backstage shooting for @modzik - clothes @paulsmithdesign ????

A post shared by Kungs (@kungsmusic) on

NATUURSEUN

Hy span gereeld in die natuur uit en deel die lekkerste vakansiefoto’s op Instagram.

Be happy like this camel because it's Friday??

A post shared by Kungs (@kungsmusic) on

Hy’t al onthul sy gunstelingplekke waar hy opgetree het, was die Spaanse partytjie-eiland Ibiza en Switserland.

TREFFERMASJIEN

Dié Franse DJ (21) se debuutsnit, This Girl, in 2016 was wêreldwyd ’n treffer en het al meer as 306 miljoen trefslae op YouTube.

Sy jongste snit, Be Right Here (met GOLDN), is net so ’n oorwurm en word dié liedjie van die somer genoem!

BRONNE: MYSPACE.COM, BBC.COM, KUNGSMUSIC.COM, UMUSIC.CA, MTV.CO.UK