Maar nou is die geheim uit. Hy wou eintlik net vir sy vriende wat ook daaraan ly, sê hy dink aan hulle, en het nie voorsien daar sou so ’n wye reaksie op sy inskrywing wees nie, vertel hy aan Huisgenoot.

“Dit lyk nie mooi nie, en dit is hoekom mense selfbewus en skaam daaroor voel. Ek het ook deur al daai emosies gegaan. Wanneer ek in make-up sit voor ’n shoot, verduidelik ek dadelik aan die persoon wat my hare doen wat dit is, en dat sy nie moet skrik nie, want dit is nie aansteeklik nie.

So het hy die nuus op sy Facebook-blad gebreek.
So het hy die nuus op sy Facebook-blad gebreek.

“Ek is nou op ’n plek waar ek mense aanraai om vrede daarmee te maak. Dit is nie ’n skande nie, dis net jou immuunstelsel wat ooraktief is wat veroorsaak dat jou vel op sekere plekke te vinnig groei wat maak dat dit skubbe begin vorm.”

Jou vel kan baie jeuk en selfs brand, en wanneer jy daaraan krap, begin dit te bloei. Daar is verskillende vorms van psoriase wat op verskillende dele van die liggaam kan uitslaan, maar Beer ondervind dit tans net op sy kopvel.

Hierdie veltoestand kan oorerflik wees, en in Beer se geval het sy ma, die skrywer, Wilna Adriaanse, dit ook. Die 35-jarige Beer het sowat nege jaar gelede bewus geword van die simptome, maar het eers twee jaar gelede mediese advies gesoek waarna hy gediagnoseer is.

Beer is tans te sien in die kykNETdramareeks Fynsk
Beer is tans te sien in die kykNETdramareeks Fynskrif saam met Chris van Niekerk, wat die rol van Hans van Wyk vertolk.

Die toestand is ongeneeslik, maar kan beheer word deur chroniese medikasie en leefstylveranderings. Beer gebruik nog nie medikasie nie, maar mediteer en oefen gereeld.

“Ook eet ek gesonder, en is nou merendeels ‘n vegetariër.”

Hy het al sy hare afgesny sodat sy kopvel meer son
Hy het al sy hare afgesny sodat sy kopvel meer sonlig kan kry.

Hy het onlangs al sy hare afgesny sodat sy kopvel meer sonlig kan kry, aangesien vitamien D goed is vir jou vel, verduidelik hy.

En sy boodskap aan ander lyers? Moenie magteloos voel nie en moenie skaam wees nie, die toestand is nie ’n skande nie, sê Beer.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe