In ’n onderhoud met die Britse tydskrif Harper’s Bazaar het die Thor: Ragnarok-aktrise haar gevoelens gedeel oor die vooruitsig dat haar kinders, Dashiell John (16), Roman Robert (14), Ignatius Martin (10) en Edith (4), in haar beroemde voetspore volg.

Cate op 'n onlangse voorblad van die Britse publikasie, Harper’s Bazaar.

“Ek dink as ek in ’n ander beroep was, as ek ’n prokureur of dokter of argitek was, dalk, of ’n nering gehad het wat ek werklik in die Armageddon kon gebruik, sou daar ’n gevoel gewees het dat dit ’n wonderlike en verwagte ding sou wees,” erken die vrou van die Australiese dramaturg Andrew Upton (52).

Saam met Ignatius by die première van Ocean’s 8. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek weet nie wat ek volgende as aktrise gaan doen nie; ek weet nooit regtig nie,” sê Cate. “Maar ek voel ek het nog ’n paar jaar in die bedryf oor voor ek van my verstand af raak.”

Bronne: Harpersbazaar.com, DailyMail.co.uk, Pridesource.com