Volgens ingeligtes oor die doen en late van die koninklikes sal die hertog van Sussex (34) die troue van Cressida Bonas (30), met wie hy van 2012 tot 2014 uitgegaan het, bywoon.

Die paartjie se paaie het geskei toe Cressida na bewering oorweldig is deur die feit dat sy in die kollig beland het omdat sy met ’n lid van die koningsgesin uitgaan.

Die tweetjies het, ten spyte van die breuk, goeie vriende gebly, en Cressida het ook verlede jaar Harry se troue met Meghan Markle (38) in die Sint George-kapel bygewoon.

Cressida Bonas het op 19 Mei 2018 die troue van pr
Cressida Bonas het op 19 Mei 2018 prins Harry en Meghan se troue bygewoon. Foto: Max Mumby/Indigo/Getty Images

“Harry sal beslis gaan, want hy en Cressida, wat nooit ’n woord in die openbaar gerep het oor haar verhouding met die prins nie, is baie goeie vriende,” het Adam Helliker, ’n joernalis wat gereeld oor die koninklikes berig, verklaar.

“Harry is ook goed bevriend met Clare Milford Haven, die moeder van die bruidegom.”

Dit is volgens Helliker nie duidelik of Meghan die troue sal bywoon nie, aangesien dit algemeen bekend is dat sy ietwat ongemaklik voel in die geselskap van Harry se voormalige vriendinne.

Chelsy Davy

Die Hertogin van Sussex het na bewering seker gemaak Chelsy Davy (33), wat sewe jaar lank met Harry uitgegaan het, se naam was nie op die lys van die gaste wat in Mei verlede jaar die partytjie die aand ná hul troue bygewoon het nie.

“Dit was ’n baie duidelike afjak, aangesien baie van Harry en Chelsy se gesamentlike vriende van voor Meghan se tyd na die partytjie by Frogmore House genooi is,” het Helliker bygevoeg.

Wanneer en waar?

Cressida haak vroeg aanstaande jaar af met ’n kêrel wat sy al lank ken, die eiendomsontwikkelaar Harry Wentworth-Stanley (30), maar die datum en plek waar hulle gaan trou, is nog nie bevestig nie.

View this post on Instagram

We getting married ????

A post shared by Harry Wentworth-Stanley (@harrywent) on

Die twee het aan en af met mekaar uitgegaan nog voor Cressida en prins Harry in 2012 begin uitgaan het.

Nadat hulle uitmekaar is, het Cressida en die eiendomsontwikkelaar die liefdesvlam weer aangevuur en op 18 Augustus het die paartjie hul troue aangekondig. Op Instagram, natuurlik.

Bronne: usatoday.com, express.co.uk, dailymail.co.uk, people.com, yourtango.com