Sophie (22), wat aan die sanger Joe Jonas (29) verloof is, het onlangs vertel wat die twee vriendinne aangevang het wanneer hulle vir die dag klaar geskiet het.

View this post on Instagram

With my love in Paris ♥?

A post shared by Sophie Turner (@sophiet) on

“Ons is eintlik alleenlopers in Game of Thrones, want die afgelope twee seisoene het ek en Maisie elke aand oorslaapaande wanneer ons nie skiet nie,” sê die ster van X-Men: Apocalypse van hul ongewone aandroetine.

“Ek weet nie of my reklameagent my sal doodmaak oor ek dit sê nie. Ons het hoog geraak en dan het ons saam in die bad gesit en grimeerborsels teen ons gesig vryf. Dis pret.”

View this post on Instagram

#phuckwitus #mophie

A post shared by Sophie Turner (@sophiet) on

Die twee het mekaar ontmoet terwyl hulle nege jaar gelede oudisies vir GOT afgelê het. Hulle het onmiddellik ’n band gesmee.

Vandag het hulle eenderse tatoes – 07.08.09, die datum waarop albei uitgevind het hulle het hul GOT-rol losgeslaan – en Maisie sal deel van Sophie se trougevolg wees wanneer sy iewers in die volgende jaar met Joe afhaak.

BRONNE: USATODAY.COM, ­LATIMES.COM, THESUN.?CO.UK, METRO.CO.UK, ­THISISINSIDER.COM