Die sanger van Texas se heserige stem en manier om ’n storie met sy liedjies te vertel het aan hom drie Grammy-pryse besorg en hy het meer as vier dekades lank boaan die trefferlyste geboer. Treffers soos “Lucille” en “Islands in the Stream” (’n duet saam met die countrymusiekster Dolly Parton) is lank reeds ­karaoke-gunstelinge. 

Nie net was die verlies groot vir die vermaakbedryf nie, Kenny se dood het dié country-ster erg geruk. ‘n Hartgebroke Dolly (74) het haar rou in die sosiale betoon toe sy aanhangers tranerig aangespreek het oor die verlies van haar jarelange vriend. 

“Jy weet nooit waarlik hoe lief jy iemand het totdat hulle weg is nie. Ek het soveel wondelike jare en wonderlike herinneringe van my vriend Kenny gehad, maar bo al die musiek en die sukses, het ek Kenny as ’n wonderlike man en ware vriend lief gehad. Wees veilig met God en weet dat ek jou altyd lief sal hê,” het ’n bewoë Dolly by haar video geskryf.  

Kenny het in sy jongdae by ’n paar musiekgroepe aangesluit, waaronder First Edition, voor sy groot deurbraak as solo­kunstenaar in 1978.

Hy was ook ’n suksesvolle akteur. Hy het gespeel in die 1982-fliek Six Pack, waarin hy ’n renjaer word, en onder sy ­televisieflieks is die The Gambler-reeks en Coward of the County.

View this post on Instagram

#FlashbackFriday Anybody got this one on vinyl?!

A post shared by Kenny Rogers (@_kennyrogers) on

 Kenny poseer saam met sy vrou, Wanda Miller (53), en tweelingseuns, Jordan en Justin (15).

Hy was ook die pa van Carole Rogers (61) by Janice Gordon, Kenny Rogers jr. (in sy 50’s) by Margo Anderson en Christopher Rogers (38) by Marianne Gordon.

View this post on Instagram

Happy 4th of July!

A post shared by Kenny Rogers (@_kennyrogers) on

Kenny het al vyf keer voor die kansel gestaan. Eers het hy met sy tienerliefde Janice Gordon (1958-1960) getrou, toe met Jean Rogers (1960-1963), Margo Anderson (1964-1976) en Marianne Gordon (1977-1993). Hy is eindelik in 1997 met die kelnerin Wanda Miller getroud.

Wat sy musiek betref, was 21 van sy enkel­snitte no. 1 op die countrymusiektrefferlyste.

Hy het 100 miljoen plate in sy leeftyd verkoop, wat hom een van die topverkoper- manlike musikante maak.


BRONNE: DAILYTELEGRAPH.COM, DAILYMAIL.COM, PAGESIX.COM, PEOPLE.COM, USMAGAZINE.COM, EONLINE.COM