Die Nice for What-rapper het glo klagte van emosionele beslaglegging, bedrog en laster teen die Instagram-model Layla Lace (31) gemaak nadat hy haar na bewering swanger gemaak het.

In April 2017 het Layla bekendgemaak Drake het haar swanger gemaak, eers in ’n verdoemende Instagramplasing en toe in ’n onderhoud met die Amerikaanse radiostasie SiriusXM.

Nadat haar eerste plan misluk het om die rapper na bewering af te pers, het Layla haar taktiek verander en by die owerhede in New York gaan beweer Drake het haar een aand in ’n hotel in Manchester in Brittanje verkrag.

Die Instagrammodel Layla Lace (links) sê Drake het haar swanger gemaak. Foto: Instagram.

Al is Drake aan alle klagte van verkragting onskuldig bevind, het hy sedertdien met ’n hofsaak van sy eie teruggekap.

Drake (31) vertel sy weergawe van die storie in hofdokumente.

Hy erken hy het Layla ná ’n konsert in Manchester ontmoet en hy beweer hulle het agterna konsensuele seks gehad.

Hy het haar glo eerder huis toe gestuur as om haar saam met hom op toer te neem, en dit het haar woedend gemaak.

Al erken Drake hulle het vir mekaar teksboodskappe gestuur, beskuldig hy Layla daarvan dat sy ’n fantasieverhouding geskep en die swangerskap vervals het om geld van hom te probeer afpers.

Bronne: TMZ.comNarcity.comNME.com