Die gewese Boer Soek 'n Vrou-aanbieder is deesdae die trotse ma van drie dogters nadat sy en haar man, die oudrugbyspeler Ernst Joubert, op 16 Maart hul kleinding, Elsa, in die wêreld verwelkom het.

Op die foto wat Minki met haar meer as 97 000 Instagram-aanhangers gedeel het, sit haar ouma Elsa (86) en glimlag met klein "#elsaengeltjie" in die een arm en ’n glas in die ander hand.

En lyk hulle nie te oulik nie!

“My dierbare ouma Elsa met haar agterkleindogter en naamgenoot,” skryf Minki by die foto. 

My dierbare Ouma Elsa met haar agterkleindogter en naamgenoot #elsaengeltjie

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Minki se ouer dogters, Katerien (4) en Elise (3), het ook familiename. Die sussies is na hul oumas, Caterien van der Westhuizen en Annelize Joubert, genoem.

Hul kleinsus, Elsa, is na Minki se ouma Elsa genoem, het sy kort ná haar derde spruit se geboorte aan Huisgenoot vertel. "Ouma Elsa het vier seuns en is nog nooit vernoem nie,” het Minki toe vertel. 

Sundays #mammavan3 #katerienlief #elisehartjie #dogtertjiemamma #newbornbabygirl

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Minki deel gereeld foto's van haar oudste spruite in die sosiale media onder die hutsmerke "#elisehartjie" en "#katerienlief". En nou is dit duidelik ook baba Elsa, oftewel "#elsaengeltjie", se beurt. 

Minki en haar dogters geniet gereeld prettige uitstappies.

Botaniese tuine saam met my oudste dogtertjie #katerienlief #vakansiedag #uitstappie

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Sy's boonop een van die stylvolste ma's wat ons ken. 

Minki het in Maart 'n foto gedeel tydens ’n uitstappie saam met baba Elsa. Die moderne ma was toe uitgetof in ’n wit T-hemp en metaalkleurige romp. 

Nee kyk, Minki straal in haar rol as ma.